Grootmaat kragtariewe vandag bekend
Die Elektrisiteit Beheerraad sal vandag sy beslissing oor NamPower se aansoek vir die verhoging in elektrisiteitstariewe bekend maak. NamPower het vir 12,78 persent gevra, vir sy grootmaat kliënte. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus gepraat oor sy voorspelling en hy meen dit kan moontlik goedgekeur word.
Olie styg op EU se voorstelle op Russiese verbod
Oliepryse het skerp gestyg na die Europese Unie, die wêreld se grootste handelsblok, planne uiteengesit het om die invoer van Russiese olie uit te faseer. Brent ru-olie het teen vanoggend met ongeveer 4 persent tot net bo 110 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg, ten spyte daarvan dat China verdere inperkings in Beijing ingestel het. Europa […]
SA se Covid-oorgangmaatreëls verval vandag – wat nou?
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement kan die buurland se masker-mandaat en die ander oorblywende Covid-19-reëls van krag hou. Alle oorblywende beperkings wat oorspronklik ingestel is deur die nasionale ramptoestand, het om middernag reeds verval. Die departement het homself sewe werksdae gegun om die openbare kommentaar oor die voorgestelde oordraagbare siektes-reëls te oorweeg. Die departement se adjunk-direkteur-generaal, Nicholas […]
Huldeblyke stroom in vir Gerhard Mans
Huldeblyke stroom in vir die Mans-familie na die tragiese dood van Gerhard Mans snr., wat Woensdagoggend oorlede is in ‘n fietsry-ongeluk. Advokaat John Walters, mede-president van die Namibiese Rugby-unie, het sy medelye betoon met die familie. Walters ken Mans sedert sy debuut as kaptein vir ‘n onafhanklike Namibiese rugbyspan in 1990. Walters het ook melding […]
Emirates wil dienste na SA uitbrei
Die Dubai-gebaseerde lugredery, Emirates, sê dit het sedert die verslapping van die Covid-19-reisbeperkings ‘n dramatiese toename in die vraag na vlugte na en van Suid-Afrika ervaar. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, sê die redery kyk ook na uitgebreide samewerking met Airlink.
Reaksie op Kaaronda se verkiesing as nuwe Swanu-president
Voormalige Swanu-president Tangeni Iijambo is vol vertroue dat die land se oudste politieke organisasie in goeie hande is onder die rentmeesterskap van die voormalige vakbondlid, Evalistus Kaaronda. Kaaronda is die naweek op ‘n omstrede kongres buite Windhoek as Swanu-president verkies. Politieke analis, dr. Phanuel Kaapama, gee sy opinie aan Kosmos 94.1 Nuus oor die verkiesing […]
Eskom se netwerk onder erge druk
Eskom het bevestig hy probeer tans om ‘n stelsel onder erge druk te bestuur wat veroorsaak dat die land se kragnetwerk op noodreserwes funksioneer. Die kragvoorsiener se hoofbestuurder in die Opwekkingsafdeling, Rhulani Mathebula, sê agt eenhede het onklaar geraak, wat gelei het tot ‘n onbeplande verlies van 14-duisend-758 megawatt. Mathebula sê sekere eenhede verkeer in […]
Kommer oor SA se katoen-oes na swaar reën
Katoen Suid-Afrika sê weens hoë reënval en hael wat boere se lande beskadig het, sal katoenopbrengste vir die 2022-seisoen laer wees en met 13 persent val. Die bedryf bereken dit kan vanjaar slegs sowat 68 000 lintbale katoen lewer. Katoen word in Suid-Afrika hoofsaaklik in die noordelike dele van die land, in die Noord-Kaap, Noordwes, […]
Liverpool is deur na die Kampioenliga-finaal
Liverpool het sy hoop om hierdie seisoen ‘n ongeëwenaarde vierde liga-oorwinning te behaal, lewend gehou deur sy plek in die eindronde van die Kampioeneliga te verseker. Die sesmalige Europese kampioen het drie doele in die tweede helfte van die wedstryd teen Villarreal aangeteken vir ‘n oortuigende oorwinning van vyf-twee in die tweede been in El […]
NamRA oortref sy teiken vir invordering
Die Namibise Inkomste-agentskap, NamRA, het in die laaste boekjaar meer as 60,5 miljard Namibiese dollar ingevorder. Hy het 49,4 miljard dollar geteiken. Volgens die uitslae van sy elektroniese belastingverligtingsprogram, wat op 31 Januarie tot ‘n einde gekom het, het NamRA meer as 11 miljoen dollar in boetes laat vaar, met net minder as 47 500 […]