Gautengse gesondheidsministerie gaan aanlynstelsel vir lykshuise implementeer

Die departement van gesondheid in Gauteng beplan om die ontwikkeling van ‘n aanlyn stelsel af te handel wat teen die einde van die jaar sal help met die identifikasie van onopgeëiste en ongeïdentifiseerde liggame by openbare lykshuise. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê die Gautengse forensiese patologie-inligtingsbestuurstelsel sal verskeie dienste verskaf wat die opname, […]

Read More

Wes-Kaapse premier veroordeel taxi-staking

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die geweld en ontwrigting waarmee vandag se taxi-staking en optog na die Kaapstad middestad gepaardgaan, het ‘n invloed op die stad se weerloosste gemeenskappe en moet ten sterkste veroordeel word. Hy sê mense kan nie by die werk uitkom nie en leerders kan nie hulle skole bereik nie. Winde […]

Read More

NamRa ontbloot N$15 miljoen bedrogspul

Die Namibiese belasting-agentskap, NamRA, se kommissaris, Sam Shivute, het aangekondig dat NamRA ‘n belastingterugbetaling-bedrogspul ontbloot het waarby 15 miljoen Namibiese dollar betrokke is, wat op twyfelagtige wyse aan 122 belastingbetalers uitbetaal is. Die skakelbeampte van NamRA, Tonateni Shidhudhu, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus. Hy het ook gesê belastingeise sal tot Junie vanjaar gestaak word om […]

Read More

AstraZeneca-entstof verval in Kenia 

Ongeveer 840 000 dosisse AstraZeneca-entstof wat aan Kenia geskenk is, het verval. Nóg een miljoen dosisse van die Johnson en Johnson-entstof sal na verwagting teen die middel van volgende maand verval. Kenia het sover 17,3 miljoen mense ingeënt. Die toediening van tweede dosisse het merkbaar afgeneem, nadat sommige Keniane geweier het om sekere entstowwe te neem, […]

Read More

Nujoma ontvang môre minimumloon-verslag

Die Namibiese Minimumloon-kommissie het verlede jaar insette van regoor die land verkry oor ‘n moontlike nasionale minimumloon. Daar is verskeie menings in die verband en vakbonde, werkgewers en werkers het verskillende menings. Die verslag is klaar en sal môre aan die arbeidsminister Utoni Nujoma oorhandig word. Die voorsitter van die kommissie, dr. Marius Kudumo…

Read More

Covid het 2 miljoen werksverliese in SA veroorsaak

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het twee miljoen werksgeleenthede weens die Covid-19-pandemie verloor. Hy het vandag konferensiegangers by die opening van die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Die president het in 2018 onderneem om binne vyf jaar meer as 1,200 triljoen Suid-Afrikaanse rand se beleggings te verseker en só ekonomiese groei aan te […]

Read More

Lasbrief vir bekroonde Ugandese skrywer uitgereik

’n Ugandese hof het ’n lasbrief uitgereik vir arrestasie van ’n internasionale bekroonde skrywer wat verlede maand na Duitsland gevlug het om behandeling te soek vir beserings wat volgens hom tydens marteling deur veiligheidspersoneel opgedoen is. Kakwenza Rukirabashaija is aan die einde van Desember gearresteer en vir byna ‘n maand aangehou voordat hy aangekla is van kommunikasie-misdrywe […]

Read More

Oekraïne: Landboubeleid moet aangepas word

Regerings moet die gebruikersgoedere-krisis rondom die Oekraïense oorlog gebruik as ‘n geleentheid om landboubeleide te hervorm wat voedselsekerheid in die Europese Unie en die VSA ondermyn. Dit is een van die aanbevelings in ‘n ontleding van die Sentrum vir Wêreldwye Ontwikkeling. Die sentrum sê die omvang van die verhoging in voedselpryse wat die inval veroorsaak, […]

Read More

Old Mutual staan nuwe buurtwagte by

Old Mutual se verbintenis tot misdaadvoorkomings in gemeenskappe het in 2015 begin met ‘n vennootskap met die Windhoek Stadspolisie en in 2018 het dit voortgeduur met die Buurtwag-vereniging van Namibië. Dit is in samewerking met die Namibiese polisie gedoen om sukkelende geregistreerde buurtwagte in Namibië te identifiseer en te bekwaam met materiaal en toerusting wat […]

Read More

Hoër kragkostes? Ministerie het die oplossing!

Na beweringe van moontlike verhogings van kragtariewe deur NamPower, ontstaan die vraag of die ministerie van myne en energie se Solar Revolving Fund steeds bestaan en in werking is. Die Solar Revolving Fund is ‘n kredietfasiliteit wat in 1996 deur die ministerie gestig is om die vraag na die benutting van hernubare energie in die […]

Read More