NSI bygestaan vir standaarde

Agt Duitse en Sweedse instansies sal saam met die plaaslike Namibiese Standaarde Instituut werk om plaaslike kapasiteit te bou. Dit is die eerste projek in sy soort en sal die plaaslike owerheid bystaan in die verbetering van standaarde om sodoende te verseker dat plaaslike vervaardiging op Europese standaarde plaasvind. Twaky Kayofa, woordvoerder van die Europese Unie in Namibië verduidelik.