Olieprys sal nou begin styg, Sjanghai maak stelselmatig oop

China beplan om teen 1 Junie alle inperkings in Sjanghai te lig, na ses weke. Daar is reeds verskeie maatreëls wat van vandag af opgehef is. China voer 40 persent van die wêreld se olie in met Sjanghai wat 4 persent daarvan gebruik. Daar word verwag dat die olieprys in die komende weke sal styg wat verdere druk op plaaslike verbruikers sal plaas as gevolg van die swak rand en Namibiese dollar. Theo Klein van Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.