ANC se NUK gaan dalk die naweek die staatskapingsverslag bespreek

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee gaan na verwagting hierdie naweek die staatskapingsverslag bespreek. Verskeie senior partylede is in die verslag betrek. Die komitee gaan ook die stand van die ANC-jeugliga en die -vroueliga bespreek. ‘n Verslag oor die vordering met provinsiale konferensies voor die party se nasionale konferensie aan die einde van die jaar, sal ook […]

Read More

Paratus brei uit na die DRK

Die Paratus-groep het sy uitbreiding na die Demokratiese Republiek van die Kongo aangekondig. Dit val saam met die nuus dat Paratus, saam met die DRK-gebaseerde Global Broadband Solution, oftewel GBS, die regeringstender gewen het om ‘n 620 kilometer optieseveselnetwerkverbinding tussen Muanda, aan die weskus, na DRK se hoofstad, Kinshasa, te aktiveer. Paratus en GBS het […]

Read More

Wes-Kaapse vervoerdepartement: Taxi-geweld sal nie ongestraf bly

Die Wes-Kaapse departement van vervoer sê hy sal nie toelaat dat die geweld en vandalisme wat met gister se taxi-staking gepaardgegaan het, ongestraf bly nie. Die staking, deur CATA- en CODETA-taxi-operateurs, het ‘n nasleep van verwoesting gelaat met verskeie busse en privaat voertuie wat beskadig is. ’n Aantal pendelaars is ook beseer. Ons korrespondent in […]

Read More

Namibiese huurmark groei weer

Namate die impak van Covid-pandemie afneem en die meeste ekonomieë herstel, groei die huurmark van eiendom weer in Namibië. Aan die einde van 2021 het die gemiddelde huur-indeksgroei van 12 maande ‘n inkrimping van 0,7 persent getoon. Dit verteenwoordig ‘n aansienlike verbetering in vergelyking met ‘n inkrimping van 2,1 persent wat ‘n jaar vroeër aangeteken […]

Read More

Bank Windhoek borg binnenshuise hokkie-liga met nóg N$300 000

Bank Windhoek borg ‘n bykomende 300 000 Namibiese dollar aan die Bank Windhoek Binnenshuise Hokkie-liga wie se seisoen amptelik begin het. Bank Windhoek verbind hom sedert 2015 tot die sport met ‘n finansiële belegging van byna 1,4 miljoen dollar. Jacquiline Pack, bemarking- en korporatiewe kommunikasiehoof, bring ook hulde aan hokkielegendes soos wyle Mark Nel wat […]

Read More

Pakistani is glo baasbrein van vervalste paspoorte-sindikaat in SA

‘n Pakistani wat na bewering die baasbrein is agter ‘n sindikaat wat paspoorte vervals, is tydens ‘n klopjag aangekeer. Die Valke het 30 verdagtes in Krugersdorp in Gauteng gearresteer. Suid-Afrikaners word blykbaar na die sindikaat gelok deur hulle identiteite aan ongedokumenteerde migrante te verkoop. Die minister van binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê nóg inhegtenemings sal […]

Read More

Khan-, Swakop- en Huabriviere loop

Die Namibiese weerkantoor voorspel vir vandag en môre swaar reënval in die streke van Khomas, Hardap en Zambezi en maan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Die Hidrologiese Dienste van Namibië sê die Khan-, Swakop- en Huabriviere loop. Die Visrivier by Ai-Ais se vlak het vanoggend op 1,03 meter gestaan en die Oranjerivier by Blouputs op 2,55 meter. Die Zambezirivier by Katima Mulilo bly styg en het […]

Read More

Dagga-ekspo in Kaapstad lok meer uitstallers

Die Dagga-ekspo by die GrandWest-casino se Sun-uitstallingsentrum in Kaapstad is hierdie naweek steeds aan die gang. Die direkteur van die uitstalling, Silas Howarth, sê die hoogtepunte van vanjaar se geleentheid sluit in die groot aantal geregistreerde uitstallers met meer as 150 wat die dagga-bedryf en die Dagga-voedselmark verteenwoordig. Howarth sê besoekers kan dagga-deurdrenkte kos en drankies geniet, asook ‘n dagga-konferensie met paneelbesprekings en […]

Read More

Nasionale Minimumloon-verslag aan arbeidsminister oorhandig

Die verslag oor die Nasionale Minimumloon is deur die Lone-kommissie aan die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma oorhandig. Die kommissie is op 18 Februarie 2021 gestig om ‘n minimumloon vas te stel en op 30 September 2021 se werk af te sluit, maar is weens die Covid-pandemie uitgestel tot 31 Maart 2022. Volgens die voorsitter van […]

Read More

Hardapdam se sluise nog nie oopgetrek

Die Hardapstreek het onlangs goeie reënneerslae ontvang met die Hardapdam by Mariental wat invloei gekry het. Met kommer oor vloede in die dorp wanneer die Hardapdam se vlak bo 70 persent is, maak NamWater dan die sluise oop om vloede te voorkom. Die Hardapdam se vlak volgens Namwater se dambulletin staan dié week op 71,5 […]

Read More