Wes-Kaapse polisie vorder met uitwis van DNS-agterstand

Die polisie in die Wes-Kaap vorder met die uitwis van die DNS-agterstand. Teen September verlede jaar was meer as 36 647 seksuele oortredingsake na wat berig word uitstaande omdat monsters nie verwerk is nie. Die polisie het aangedui drie onderhoudkontrakte is onderteken vir toerusting by die Plattekloof Forensiese Wetenskap-laboratortium. Die organisasie, Action Society, het gevra die proses moet behoorlik dopgehou word om seker te maak daar is geen wanbestuur van die presisie-toerusting nie.