Kaapstad gaan LGBTIQ+ Wêreldkonferensie in 2024 aanbied

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het Gender Dynamix and Iranti geprys vir hulle suksesvolle bod om die Internasionale Lesbiese, Gay, Biseksuele, Trans en Interseks-vereniging se Wêreldkonferensie in 2024 aan te bied. Die konferensie sal in Kaapstad gehou word en verteenwoordig die wêreld se grootste byeenkoms van LGBTIQ+ mense. Die wêreld herdenk vandag ook die Internasionale Dag teen Homofobie, Bifobie en Transfobie. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê Lamola doen ‘n beroep op gemeenskappe om die regte van LGBTIQ+ mense in die samelewing te beskerm en te bevorder.