Ciske Howard-Smith uit IPC geskors

Ciske Howard-Smith, die Swakopmund-kiesafdelingsraadslid, is uit die Independent Patriots for Change-party geskors. Dit volg etlike weke nadat die IPC ‘n ultimatum aan haar gestel het om óf te bedank óf afgedank te word. Sy het gister haar skorsingsbrief ontvang. Howard-Smith het verlede maand ook bedank as die voorsitter van die Erongo-streekraad (ERC) se bestuurskomitee. Haar bedanking het gevolg op ‘n mosie van wantroue teen haar deur verskeie raadslede tydens ‘n raadsvergadering. Die nasionale voorsitter van die party, Brian Black bevestig Howard-Smith se skorsing aan Kosmos 94.1 Nuus.