Mededingingskommissie ondersoek Bank Windhoek en regsfirma

Die Namibiese Mededingskommissie het ‘n klag ontvang wat beweer dat die regsfirma Dr. Weder, Kauta en Hoveka en Bank Windhoek ‘n eksklusiewe ooreenkoms aangegaan het wat dié regsfirma as die eksklusiewe en enigste akte-prokureurs vir eiendomme wat deur Bank Windhoek gefinansier word, aangestel het. Daar word beweer dat hierdie ooreenkoms vereis dat Bank Windhoek eiendomsfinansierings-aansoekers slegs van Dr. Weder, Kauta en Hoveka se aktedienste gebruik moet maak met die uitsluiting van ander aktediens-verskaffers in die betrokke mark. Dina //Gowases, korporatiewe kommunikasiebeampte van die kommissie …