Kaapstad sukkel met water, sanitasie as krag af is

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir Water en Sanitasie sê hy stel voortdurend maatreëls in om die uitwerking van beurtkrag op sy infrastruktuur te bekamp. Die stad se woordvoerder, Zahid Badroodien, sê dis om seker te maak die water- en sanitasiedienste gaan so normaal as moontlik voort wanneer die krag afgaan. Hy sê water- en […]

Read More

Eerste besending babamelk kom in VSA aan

‘n Vliegtuig met 39-ton babamelk het gister in Indianapolis in Amerika aangekom. Verlede week was sowat 45 persent babamelkprodukte in Amerika uit voorraad uit. Dit het gevolg nadat die voorste vervaardiger van babamelk, Abbott Laboratories, produkte herroep het en sy aanleg in Sturgis, Michigan, gesluit het hangende ‘n ondersoek deur die Amerikaanse voedsel- en medisyne-administrasie, die FDA. Die Withuis sê ‘n tweede […]

Read More

Beurtkrag kelder SA-ekonomie

Die Suid-Afrikaanse vakbond Saftu sê die voortslepende beurtkrag kos die land se trae ekonomie geld. Dit volg nadat Eskom aangekondig het dat fase twee-beurtkrag hierdie week elke aand van vyfuur tot tienuur toegepas sal word weens ‘n gebrek aan opwekkingsvermoë. Die vakbond se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê dis duidelik die regering weier om op te […]

Read More

Kenners meen BoN sal repokoers na 4,75% opstoot

Ekonome voorspel ‘n verhoging van 50 basispunte wanneer die monetêre beleidskomitee van die Bank van Namibië in Junie vergader. Die nuwe bank terugkoopkoers sal op 15 Junie aangekondig word. Gegewe dat Namibiese rentekoerse nou in lyn is met dié van die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die plaaslike sentrale bank in die spore van die buurland volg. Die twee banke se repokoerse moet […]

Read More

Beskuldigde in Bean tref-en-trap ongeluk weer in die hof vandag

Jeff Clydon Gaweseb sal weer in die  landdroshof op Okahandja verskyn in verband met die tref-en-trap ongeluk op 11 November waarin die bekende fietsryer Christiaan Bean ernstig beseer is. Gaweseb, wat homself beskryf as ‘n Damara Punch-kunstenaar, staar vier klagte in die gesig. Hy het reeds in Februarie onskuldig gepleit. Die saak is tot vandag toe uitgestel om hom ‘n […]

Read More

DA vra verlenging van verlaging van brandstofbelasting

Die DA in die buurland doen ‘n beroep vir die verlenging van die verlaging van die brandstofbelastingheffing wat deur die finansminister, Enoch Gondongwana goedgekeur is, tot ná die einde van die Mei-spertyd. Volgens die party kan motoriste ‘n styging van tot R3,50 per liter in die eerste week van volgende maand verwag, as rolspelers in […]

Read More

Sameloop van siektes, droogtes, oorlog en hongersnood – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die wêreld staan voor ‘n reusesameloop van siektes, droogtes, hongersnood en oorlog, wat aangevuur word deur klimaatsverandering, ongelykheid en politieke wedywering. Hy het by die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, gepraat. Ghebreyesus sê billike gesondheidsdienste versterk gemeenskapsvertroue wat weer bydra tot die bevordering van gesondheidstelsels en vrede:

Read More

Pelosi se pro-aborsie standpunt kos haar nagmaal

‘n Katolieke aartsbiskop Salvatore Cordileone van San Fransisco in die VSA het aangekondig dat die Amerikaanse speaker Nancy Pelosi nie meer in die stad, waar sy grootgeword het, mag nagmaal ontvang nie. Cordileone sê Pelosi se standpunt teenoor aborsie is teenstrydig met haar Katolieke geloof en voeg by hy het met haar die saak probeer […]

Read More

Grootfontein-boerin verskyn weer vandag

Die boerin van Grootfontein, die 65-jarige Marieta Wilhelm sal weer vandag in die hof op Grootfontein verskyn. Dit volg na sy op 16 Maart gearresteer na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur […]

Read More

Rekeninghouers van SME Bank wil Geingob nader

Rekeninghouers van die bankrot SME Bank sê hulle sal President Hage Geingob nader om hulle by te staan om toegang tot hulle geld te kry. Die bank is reeds in 2017 gelikwideer na 200 miljoen Namibiese dollar oorgedra is na onder andere, die VBS Mutual Bank in Suid-Afrika. Die geld het verdwyn en sedertdien is […]

Read More