DA vra verlenging van verlaging van brandstofbelasting

Die DA in die buurland doen ‘n beroep vir die verlenging van die verlaging van die brandstofbelastingheffing wat deur die finansminister, Enoch Gondongwana goedgekeur is, tot ná die einde van die Mei-spertyd. Volgens die party kan motoriste ‘n styging van tot R3,50 per liter in die eerste week van volgende maand verwag, as rolspelers in die bedryf korrek is. Kevin Mileham van die DA sê die regering het ‘n gebrek aan dringendheid om Suid-Afrikaners teen die groterwordende uitdagings van die ekonomie te beskerm: