Pelosi se pro-aborsie standpunt kos haar nagmaal

‘n Katolieke aartsbiskop Salvatore Cordileone van San Fransisco in die VSA het aangekondig dat die Amerikaanse speaker Nancy Pelosi nie meer in die stad, waar sy grootgeword het, mag nagmaal ontvang nie. Cordileone sê Pelosi se standpunt teenoor aborsie is teenstrydig met haar Katolieke geloof en voeg by hy het met haar die saak probeer bespreek.

Op haar beurt het Pelosi vroeër die verskil tussen hulle met media bespreek en haar standpunt so gestel.