Sameloop van siektes, droogtes, oorlog en hongersnood – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die wêreld staan voor ‘n reusesameloop van siektes, droogtes, hongersnood en oorlog, wat aangevuur word deur klimaatsverandering, ongelykheid en politieke wedywering. Hy het by die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, gepraat. Ghebreyesus sê billike gesondheidsdienste versterk gemeenskapsvertroue wat weer bydra tot die bevordering van gesondheidstelsels en vrede: