Politieke kenner sê howe moenie vertragingstaktiek toepas
‘n Namibiese politieke kenner reageer op die twee hoofbeskuldigdes in die China Town-oproer wie se borgtogverhoor môre in die Windhoek-landdroshof in Katutura voortduur.Die Namibia Economic Freedom Fighters se Michael Amushelelo en die Affirmative Repositioning-aktivis Dimbulukeni Nauyoma, is die enigste twee van die groep van agt wat nog agter tralies is en hul borgtogverhoor is telkemale […]
China Town-oproersaak se borgtogverhoor duur môre voort
Die twee hoof-beskuldigdes in die China Town-oproer sal môre in die Windhoek-landdroshof in Katutura hoor of hulle borgtog sal kry. Die Namibia Economic Freedom Fighters se Michael Amushelelo en die Affirmative Repositioning-aktivis Dimbulukeni Nauyoma, is die enigste twee van die groep van agt wat nog agter tralies is. NEFF se parlementslid, Kalimbo Ipumbu, sê môre […]
Regstappe nooit ingestel teen Emfuleni-skandaal
Die DA in Gauteng sê die Emfuleni plaaslike munisipaliteit het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, mislei oor die instel van regstappe ná bewerings van onreëlmatige verlengings van politieke aangesteldes se kontrakte in die kantoor van die burgemeester en die speaker. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê hierdie aanstellings is weke […]
Vavi sê vakbonde is hul eie grootste vyand
Die vakbondfederasie Saftu se tweede verkiesingskonferensie vind plaas by ‘n hotel in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Die hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, wil herverkies word ondanks sy skorsing en die klagte teen hom dat hy die organisasie se naam oneer aangedoen het. Hy sê die geskille tussen vakbonde bepaal die lewe en dood van die federasie. […]
Jong Russiese soldaat kry lewenslank tronkstraf
‘n Jong Russiese soldaat is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n ongewapende Oekraïnse burger. Die 21-jarige tenkbevelvoerder, Vadim Shishimarin, het skuldig gepleit in die eerste oorlogsmisdaadverhoor in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf. Shishimarin en vier kamerade het glo in die eerste week van die konflik ‘n motor in privaat besit gesteel om ‘n […]
Afrika-sakeberaad en -ekspo op Swakopmund aangebied
Die Afrika Ekonomiese Leierskapsraad bied vanaf vandag tot Woensdag die Discover Namibia Intra-Africa Sake-beraad by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheid-sentrum aan. Die hoofdoel van hierdie ekspo en sake-beraad is om samewerking tussen Afrika-entrepreneurs en sake-handelaars te bevorder in ooreenstemming met die Afrika Kontinentale Vryhandels-ooreenkoms. Die driedaagse ekspo sal ‘n maksimum van 200 afgevaardigdes huisves, insluitend […]
Johannesburg herstel meer as 100 000 slaggate in een jaar
Die Stad Johannesburg het aangekondig meer as 100 000 slaggate is sedert Mei verlede jaar herstel, te danke aan sy vennootskap met die Slaggat-patrollie, Discovery Insure en Dial-direct Insurance. Die stad se burgemeester, Mpho Phalatse, sê die vennootskap se doelwit is om te verseker alle paaie is van goeie gehalte en veilig namate hulle die […]
Virgin Atlantic hervat vlugte vanaf Kaapstad na Londen
Virgin Atlantic hervat op 5 November sy vlugte vanaf Kaapstad na Londen. Virgin Airlines se eienaar, Richard Branson, het regstreekse vlugte in 2015 gestaak, weens binnelandse sake se nuwe immigrasie-regulasies. Hy het die hervatting aangekondig tydens ‘n besoek aan die Moederstad toe hy in ‘n oop-dak-bus deur die strate gery het terwyl hy die Suid-Afrikaanse […]
Saftu se tweede verkiesingskonferensie begin
Alles is gereed vir dié week se tweede verkiesingskonferensie van die vakbondfederasie Saftu, wat vandag in die Birchwood-hotel in Boksburg, Ekurhuleni, begin. Nuwe leiers sal verkies en nuwe beleidsrigtings aanvaar word. Die konferensie sal na verwagting voortgaan ondanks die skorsing van vier nasionale ampsdraers wat die organisasie se naam na bewering oneer aangedoen het. Hoofsekretaris […]
Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vandag bekendgestel
Die Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad word vanmiddag op Swakopmund bekendgestel. Namibië het die bod vir die beraad gewen om dit vanaf 27 tot 29 Julie aan te bied. Die beraad sal in samewerking met die Wêreld Toerisme-organisasie en Afrika Toerisme-vennote aangebied word en deur 500 afgevaardigdes en sowat 1 000 aanlyn-afgevaardigdes bygewoon word. Dit […]