Afrika is derde grootste mark vir Wes-Kaapse landbou-uitvoere

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, sê landbou is die belangrikste ekonomiese bedryf in Afrika, want dit verskaf werksgeleenthede, voedselsekerheid en ekonomiese groei. Afrika is die derde grootste mark vir die provinsie se basiese landbou-uitvoerprodukte en het verlede jaar 4,3 miljard Suid-Afrikaanse rand ingebring. Meyer sê hy beskou marktoegang as ‘n noodsaaklike veranderlike in […]

Read More

Rusland sal Swartsee vir skepe oopmaak as sanksies gelig word

Rusland sê hy is gereed om ‘n humanitêre deurgang te skep sodat skepe met kos Oekraïne kan verlaat. Die Russiese vloot het in Februarie beheer oor die Swartsee oorgeneem. Dit het daartoe gelei dat Oekraïne se graan-uitvoere tot stilstand gekom het en voedselpryse wêreldwyd rekordhoogtes bereik het. ‘n Geraamde 20 miljoen ton graan kan nie […]

Read More

Krieket: Lucknow en RCB meet môre kragte

Krieket: Die Royal Challengers Bangalore het Lucknow Super Giants met 14 lopies ore aangesit en takel die Rajasthan Royals môre in die tweede kwalifiseerder. Rajat Patidar het ‘n onoorwonne 112 van slegs 54 balle behaal en Bangalore gehelp om 207 vir vier in hulle 20 boulbeurte aan te teken. In antwoord hierop het Super Giants […]

Read More

Noorde-groenteboer lewer vars produkte aan kettingwinkels

Ileni Nandjato, plaaslike groenteboer wat tussen Ondangwa en Ongwediva in die Noorde boer, verskaf nou vars produkte aan Woermann Brock, Spar en ander supermarkte in die noorde van Namibië. Volgens Nandjato is dit net die begin en hy is dankbaar dat hy sy produkte op winkelrakke te koop aangebied word. Vir jare moedig die Buy […]

Read More

Ouditeur-generaal gaan seker maak rampfondse word nie vermors

Die ouditeur-generaal in die buurland Tsakani Maluleke sê haar kantoor sal betyds verslag doen oor die manier waarop verligtingsfondse vir vloedslagoffers in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap bestee is. President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen dat voldoende rekenskap van die hulpfondse gegee word en dat die staat en sy mense waarde vir geld sal kry. […]

Read More

Europese Kommissie: Diegene wat Rusland help, sal gestraf word

Die Europese Kommissie sê solank Rusland se aggressie teen Oekraïne voortduur, is dit noodsaaklik dat die Europese Unie se beperkende maatreëls ten volle ingestel word. Hy voeg by die oortreding van hierdie maatreëls moenie geduld word nie, en stel voor dit word op die Europese Unie se misdaadlys geplaas. Hy stel ook nuwe, verskerpte maatreëls […]

Read More

Sokker: Jose Mourinho maak geskiedenis

Sokker: Jose Mourinho het die eerste bestuurder geword om die Kampioenskapsliga, die Europese Liga, UEFA-beker en die Europese Konferensie-liga te wen. Dit volg na sy span, Roma, se 1-0 oorwinning oor Feyenoord in die Europese Konferensieliga-eindstryd. Dit is Mourinho se vyfde Europese titel en 26ste trofee in sy loopbaan as bestuurder. Dit is ook Roma […]

Read More

Onderwysposte in Kunene-streek gevul

Inwoners van die Kunene-streek het gekla dat die streeks-onderwysdirekteur van dié streek leerders in die steek gelaat het, aangesien die meeste klasse nie onderwysers het nie, veral by die Laerskool Ondao. Volgens die klaer is daar ‘n vertraging in die aanbeveling van onderwysers, geen indiens-opleiding nie, en inspekteurs en diegene in beheer van adviserende vakke […]

Read More

ANC-dokument sit bepalings uiteen vir opsystaanreël

‘n ANC-dokument met die titel “Terms and Conditions” bevestig amptelik dat lede wat in ‘n hof aangekla word, nie mag staan vir enige leiersposisie in die party, die regering of die parlement nie. Die dokument verklaar dat gewone openbare verteenwoordigers wat deur die opsystaanreël geraak word, toegelaat sal word om raads- en oorsigkomitee-vergaderings, asook parlementêre […]

Read More

Partygate: Boris sê hy gaan nie bedank

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê hy gaan nie bedank nie en voel dis sy werk om voort te gaan en landsburgers te dien. Sue Gray se verslag bevat besonderhede oor byeenkomste tydens inperking waar regerinsamptenare so baie gedrink het dat hulle siek geword het, met mekaar baklei en sekerheids- en skoonmaakpersoneel sleg behandel […]

Read More