Onderwysposte in Kunene-streek gevul

Inwoners van die Kunene-streek het gekla dat die streeks-onderwysdirekteur van dié streek leerders in die steek gelaat het, aangesien die meeste klasse nie onderwysers het nie, veral by die Laerskool Ondao. Volgens die klaer is daar ‘n vertraging in die aanbeveling van onderwysers, geen indiens-opleiding nie, en inspekteurs en diegene in beheer van adviserende vakke besoek nie die skool nie. Kosmos 94.1 Nuus het na Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur by die onderwysministerie, uitgereik om uit te vind wat die situasie by daardie skool is.