ANC-dokument sit bepalings uiteen vir opsystaanreël

‘n ANC-dokument met die titel “Terms and Conditions” bevestig amptelik dat lede wat in ‘n hof aangekla word, nie mag staan vir enige leiersposisie in die party, die regering of die parlement nie. Die dokument verklaar dat gewone openbare verteenwoordigers wat deur die opsystaanreël geraak word, toegelaat sal word om raads- en oorsigkomitee-vergaderings, asook parlementêre sessies by te woon en daar te stem. Ampsdraers en openbare verteenwoordigers wat deur die opsystaanreël geraak word, sal hulle volle vergoeding ontvang.