Sokker: Jose Mourinho maak geskiedenis

Sokker: Jose Mourinho het die eerste bestuurder geword om die Kampioenskapsliga, die Europese Liga, UEFA-beker en die Europese Konferensie-liga te wen. Dit volg na sy span, Roma, se 1-0 oorwinning oor Feyenoord in die Europese Konferensieliga-eindstryd. Dit is Mourinho se vyfde Europese titel en 26ste trofee in sy loopbaan as bestuurder. Dit is ook Roma se eerste trofee in 14 jaar. Mourinho is in Mei verlede jaar as Roma se bestuurder aangestel en moes die klub weer opbou ná ‘n teleurstellende sewende plek in Reeks A in 2020/2021.