Europese Kommissie: Diegene wat Rusland help, sal gestraf word

Die Europese Kommissie sê solank Rusland se aggressie teen Oekraïne voortduur, is dit noodsaaklik dat die Europese Unie se beperkende maatreëls ten volle ingestel word. Hy voeg by die oortreding van hierdie maatreëls moenie geduld word nie, en stel voor dit word op die Europese Unie se misdaadlys geplaas. Hy stel ook nuwe, verskerpte maatreëls voor oor bate-herstel en -beslaglegging. Die kommissie sê diegene wat Russiese President Vladimir Putin se oorlog aan die gang hou, moet die prys betaal.