NWR sê waarom braaigeriewe by Gross Barmen verwyder is

Gross Barmen is ‘n gewilde oord van Namibia Wildlife Resort wat naby Okahandja in die Otjozondjupa-streek geleë is. Die oord lok plaaslike en buitelandse besoekers. Die oord het egter kritiek ontvang van sommige Namibiese besoekers wat nie tevrede is met die feit dat die oord nie toegerus is met braai-geriewe by sy chalets nie. Diegene […]

Read More

Connor van Schalkwyk verloor teen Fransman op Roland Garros

Die Namibiese junior tennisspeler, die 17-jarige Connor van Schalkwyk, het vandag in die eerste ronde van die Franse Ope junior kampioenskappe op Roland Garros in Parys teen Dylan Jucha van Frankryk te staan gekom. Van Schalkwyk moes die knie teen Jucha in twee stelle buig met 7-6 en 6-2. Van Schalkwyk is tans 53ste op die […]

Read More

Ouers moet stem vir skoolkalender

Die Namibiese onderwysministerie het twee voorlopige skoolkalenders vrygestel wat in die koerante gepubliseer is sodat ouers vir die kalender van hul keuse kan stem. Die ministerie wil hê die publiek moet die kalender en datums bestudeer voordat hulle hul keuse maak. Sanet Steenkamp uitvoerende direkteur in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Satawu: Transnet se raad moet pa staan vir wanbestuur

Die vervoervakbond, Satawu, sê Transnet se raad moet aanspreeklik gehou word vir die verlamming en wanbestuur by die staatsonderneming, na die inhegtenisneming van die voormalige groephoof, Siyabonga Gama en vier medebeskuldigdes. Die sekretaris-generaal, Jack Mazibuko, sê stappe moet volg teen raadslede wat saam met Gama gewerk het.

Read More

Vliegtuig met 22 mense aan boord vermis in Nepal se berge

‘n Vliegtuig met 22 mense aan boord het in Nepal se berge vermis geraak, het ‘n amptenaar vandag gesê. Die 9N-AET-vliegtuig was op ‘n 15-minute geskeduleerde vlug na die bergdorpie Jomsom voordat dit kontak met die lughawetoring verloor het, nie lank nadat dit opgestyg het. Die vliegtuig het 13 Nepali’s, vier Indiërs, twee Duitsers en […]

Read More

Springbok-kaptein gaan nie kontrak met Franse klub beklink

Springbok-kaptein Siya Kolisi besef hy het daagliks ‘n impak op die lewens van duisende Suid-Afrikaners en hy sal dit skaad deur oorsee te gaan speel. Dit is waarom hy finaal besluit het om nie ‘n oorsese kontrak te beklink nie. Kolisi het besluit om sy kontrak met die Haaie tot 2027 te verleng, al was […]

Read More

Namibian Lives Matter wag vir terugvoering van justisie-minister

Die Namibian Lives Matter-beweging het nog nie moed opgegee na landdros Taboka Mopipi van Botswana se uitspraak nie. Mopipi het beslis dat die Botswana-weermag nie aanspreeklik gehou kan word vir die dood van die vermoorde Nchindo-broers en hul neef, wat onder twyfelagtige omstandighede doodgeskiet is terwyl hulle in 2020 in die Choberivier in Botswana visgevang […]

Read More

DA in Wes-Kaap skors hul speaker

Die DA in die Wes-Kaap se provinsiale uitvoerende komitee het besluit om die speaker, Masizole Mnqasela, uit alle partybedrywighede te skors. Dit is gedoen hangende die afhandeling van ʼn ondersoek en dissiplinêre proses. Jaco Londt van die DA sê ʼn ondersoek deur die party se federale regskommissie het bevind bewerings teen Mnqasela, wat verband hou […]

Read More

Sowat 50 mense sterf in gewapende aanval in Burkino Faso

Gewapende aanvallers het na berig word nagenoeg 50 mense doodgemaak in ʼn gebied in die ooste van Burkina Faso wat verlede week tydens Islamitiese geweld verwoes is. Dit is steeds onduidelik wie vir die aanval op die landelike gemeenskap van Madjoari verantwoordelik was. Die slagoffers was op reis na ʼn dorp naby aan die grens […]

Read More

Geen verdagtes nog vas vir Rita Simon se moord

Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardap-streek, adjunk-kommissaris Eric Clay, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geen verdagtes nog in verband met die moord van die 83-jarige Rita Simon op Mariental in hegtenis geneem is nie. Clay het gesê die polisie is wel besig om leidrade op te volg. Vier verdagtes […]

Read More