DA in Wes-Kaap skors hul speaker

Die DA in die Wes-Kaap se provinsiale uitvoerende komitee het besluit om die speaker, Masizole Mnqasela, uit alle partybedrywighede te skors. Dit is gedoen hangende die afhandeling van ʼn ondersoek en dissiplinêre proses. Jaco Londt van die DA sê ʼn ondersoek deur die party se federale regskommissie het bevind bewerings teen Mnqasela, wat verband hou met ongerymdhede met toelae vir reis en verblyf asook vermaak, geloofwaardig is.