Namibian Lives Matter wag vir terugvoering van justisie-minister

Die Namibian Lives Matter-beweging het nog nie moed opgegee na landdros Taboka Mopipi van Botswana se uitspraak nie. Mopipi het beslis dat die Botswana-weermag nie aanspreeklik gehou kan word vir die dood van die vermoorde Nchindo-broers en hul neef, wat onder twyfelagtige omstandighede doodgeskiet is terwyl hulle in 2020 in die Choberivier in Botswana visgevang het nie. Die beweging wag vir terugvoer van die Namibiese minister van justisie sowel as die prokureur-generaal se kantoor wat die amptelike standpunt van ons regering oor die uitspraak soek. Benewens dit sal hulle ook die Verenigde Nasies nader. Sinvula Mudabeti, die nasionale uitvoerende voorsitter van die beweging …