Sowat 50 mense sterf in gewapende aanval in Burkino Faso

Gewapende aanvallers het na berig word nagenoeg 50 mense doodgemaak in ʼn gebied in die ooste van Burkina Faso wat verlede week tydens Islamitiese geweld verwoes is. Dit is steeds onduidelik wie vir die aanval op die landelike gemeenskap van Madjoari verantwoordelik was. Die slagoffers was op reis na ʼn dorp naby aan die grens tussen Benin en Togo. Islamitiese militantes wat met Al Qaeda en Isis verbind word, het streke van Burkina Faso oorval. Dit vorm deel vorm van ʼn breër opstand in die Sahel-streek in Wes-Afrika.