Adv. Dali Mpofu appelleer teen sy vermeende-brandstigter-kliënt se geen borgtog

Die regsverteenwoordiger van die beweerde parlementêre brandstigter Zandile Mafe sê die verklaring wat hy na bewering voor die polisie gemaak het, is nie ‘n bekentenis nie. Advokaat Dali Mpofu sê Mafe het onder eed erken hy is gedwing om ‘n vals verklaring af te lê. Mpofu sê die staat kon nie Mafe se verklaring onder […]

Read More

Kaapstad se energieprogam sal mettertyd beurtkrag uitfaseer

Die Stad Kaapstad se vierde Kaapstad-status van Energie- en Koolstof-verslag is vrygestel. Die verslag wil data-ryke bewyse vir besluitnemers en operasionele deursigtigheid in die energiesektor gee. Die burgemeesterskomiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê die verslag ondersoek hoe aspekte van elektrisiteit, vervoer en afval omgeskakel kan word in meer volhoubare operasies. Sy voeg by die […]

Read More

Eskom: Fase 2-beurtkrag ingestel

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag word weer van vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand ingestel ná ‘n opwekkingseenheid by beide Majuba- en Medupi-kragstasies onklaar geraak het. Volgens die kragvoorsiener word verwag dat drie opwekkingseenhede teen vanaand weer in werking sal wees. Eskom sê in ‘n verklaring daar is tans 2 246 MegaWatt se beplande instandhouding, maar […]

Read More

N$100 miljoen om Mpacha-lughawe op te gradeer

Sowat 100 miljoen Namibiese dollar is nodig om die Mpacha-lughawe by Katima Mulilo na internasionale standaard op te gradeer om toeriste en reisigers vir die Kavango Zambezi-oorgrensbewaringsgebied te ontvang. Volgens die direkteur van toerisme in die omgewingsministerie, Sebulon Chicalu, sal Namibië na verwagting vanjaar die KAZA UNIVISA-projek onderteken, wat daarop gemik is om toegang van […]

Read More

Hongkong sal eerste keer in 33 jaar nie slagting van Tiananmen-plein herdenk

Hongkong sal vir die eerste keer in 33 jaar nie die slagting van Tiananmen-plein op 4 Junie 1989 herdenk nie. Eerwaarde Martin Ipp het aan internasionale nuusagentskappe gesê mense is skrikkerig om ‘n nuwe wet oor saamtrekke te oortree. Die herdenking is elders in China nog altyd taboe.  

Read More

ANC versoek veranderde TV-regulasies oor sport

Die ANC versoek veranderings aan die land se huidige televisie-regulasies. Die regerende party sê daar moet ‘n verbod ingestel word op die verkoop van eksklusiewe uitsaairegte en nasionale spanne se wedstryde moet gratis óf teen ‘n verlaagde tarief aan die SABC beskikbaar gestel word. Die hoof van die ANC se subkomitee oor Kommunikasie, Nkenke Kekana, […]

Read More

DA: Vinnige optrede het brand by Steve Biko-hospitaal gekeer

Die DA in Gauteng is tevrede met die spoedige optrede wat die Steve Biko-hospitaal in Tshwane se redding was toe brandblussers vroeg vanoggend gebruik is om ‘n brand by tydelike strukture te blus. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die voorval beklemtoon die voortdurende gevaar van brande by gesondheidsgeriewe en die waarde van opgeleide personeel en […]

Read More

WEF: Akkerbouraad bespreek beleggingsgeleenthede 

Daar is ‘n beleggingsgeleenthede in Namibië om die plaaslike produksie van vrugte, aartappels, koring en mielies vir die plaaslike en uitvoermark te verhoog, het Emilie Abraham, bestuurder van tuinbou van die Namibiese Akkerbouraad aan potensiële beleggers in Davos, Switserland, by die Wêreld Ekonomiese Forum gesê. Abraham gesê Namibië is ‘n netto invoerder van akkerbou-produkte, wat […]

Read More

Swakopmund het besoekers van heinde en verre ontvang 

Volgens Oliver Ahrens van Destination Swakopmund, het Swakopmund ‘n besige naweek met besoekers van heinde en verre, selfs talle oorsese toeriste, gehad. Talle Namibiërs het met Woensdag en Donderdag as vakansiedae ‘n lang naweek gevat om by die kus en elders te gaan uitspan. Ahrens het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle dankbaar is […]

Read More

DA: Sassa in Wes-Kaap is in wanorde

Die DA sê nasionale regeringsbevoegdhede soos die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap in die Wes-Kaap verkeer in erge wanorde. Volgens die party is daar net 16 Sassa-kantore in die provinsie, terwyl daar aansienlik meer in ander provinsies is. Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het beloof Sassa is besig om vier bykomende kantore te vestig. Die […]

Read More