DA vra R350 miljoen moet beskikbaar gestel word ná KZN-vloede
Die DA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op premier Sihle Zikalala en sy LUR vir finansies, Nomusa Dube-Ncube, om dringend 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar te stel om die reuse humanitêre uitdagings ná die onlangse verwoestende vloede te begin hanteer. Dit provinsie wag steeds op een miljard rand se hulpverlening wat die nasionale regering beloof […]
Namibiese artefakte kom terug vanaf Berlyn
Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe in die Etnografiese Museum in Berlyn, het na Namibië terugkeer. Die artefakte sal deel vorm van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo. Esther /Gôagoses, die direkteur van erfenis en kulturele programme in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en twee afgevaardigdes het verlede week na […]
Een Covid-sterfte op Oshakati aangemeld
Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n 64-jarige vrou op Oshakati aangemeld, asook 174 nuwe Covid-gevalle uit 933 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 18,6 persent verteenwoordig. In die groep is 27 leerders van verskillende skole, agt gesondheidswerkers en een onderwyser. Daar is nou 2 726 aktiewe gevalle, waarvan 64 pasiënte in hospitale […]
SA Pluimvee-vereniging ontken hoenderboere maak reuse-wins
Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging ontken bewerings dat hoenderboere wins maak ten koste van verbruikers. Hoenderpryse het die afgelope dekade jaarliks met minstens tien-persent gestyg en die afgelope jaar met tot 17 persent. Die vereniging se woordvoerder, Izaak Breitenbach, sê die pryse van pluimveeprodukte word in die eerste plek opgejaag deur verhogings in voerpryse en ook deur […]
Prys van Brent-ruolie styg skerp
Die prys van Brent-ruolie het die eerste keer sedert Maart tot meer as 122 Amerikaanse dollar opgeskiet nadat die Europese Unie ingestem het om sanksies in te stel teen twee-derdes van die olie wat Rusland aan lidlande uitvoer. In Maart, kort nadat Rusland die Oekraïne op 24 Februarie ingeval het, het dit die hoogste vlak […]
SA Werkloosheidskoers daal
Statistiek Suid-Afrika sê die werkloosheidskoers het in die eerste kwartaal vanjaar tot 34,5 persent gedaal, vanaf 35,3 persent in die vierde kwartaal van 2021. Volgens die jongste statistiek het ongeveer 370 000 werksgeleenthede tussen die vierde kwartaal van verlede jaar en die eerste kwartaal van 2022 ontstaan. Die meeste werksgeleenthede is in gemeenskaps- en maatskaplike […]
Gauteng se gesondheidsdepartement versuim om R2,6 miljard van begroting te bestee
Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van gesondheid het in die 2021/22-boekjaar wat in Maart geëindig het, versuim om ‘n reuse-bedrag van 2,6 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting te bestee. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens ‘n voorlegging van die provinsie se Tesouriekomitee, is 365 miljoen rand wat vir die vergoeding van […]
Beleggers genooi vir groen skemas en suiwelprojek
Die Namibiese regering het potensiële plaaslike en internasionale beleggers genooi om 11 groen skemas en ‘n suiwelprojek te huur. Dit volg op die bekendstelling van die Versoek om Voorstelle by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Die 11 groen skemas en die Uvungu Vungu suiwel-projek is op ‘n bou-, bedryf- en oordragbasis beskikbaar. Die […]
Erongo: 125 padsterftes tussen 2019 en Mei 2022
Die Erongo-goewerneur Neville Andre het sy streek se skokkende padongeluk-statistieke bekend gemaak. Erongo het 1 119 padongelukke aangeteken wat tot 125 sterftes tussen 2019 en Mei 2022 gelei het. Erongo is een van die streke met ‘n hoë risiko vir sterftes en ernstige beserings van motorongelukke. Boonop is Erongo verantwoordelik vir 10 persent van alle […]
NamRA kondig nuwe aanlyn-portaal aan
Na hul onlangse netwerkskeiding van die Namibiese ministerie van finansies, het die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, die verandering van die webtuiste-adres van die aanlyn Geïntegreerde Administrasiestelsel-portaal aangekondig. Dit is deel van NamRA se strewe om dienslewering te verbeter. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder van NamRA …