DA vra R350 miljoen moet beskikbaar gestel word ná KZN-vloede

Die DA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op premier Sihle Zikalala en sy LUR vir finansies, Nomusa Dube-Ncube, om dringend 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar te stel om die reuse humanitêre uitdagings ná die onlangse verwoestende vloede te begin hanteer. Dit provinsie wag steeds op een miljard rand se hulpverlening wat die nasionale regering beloof het. ‘n DA-lid, Francois Rodgers, sê hierdie fondse is tans in die provinsie se gebeurlikheids-reserwe.