Ramaphosa ontken Arthur Fraser se aantygings van toesmeerdery
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het bevestig daar was in Februarie 2020 ‘n rooftog by sy wildsplaas in Limpopo waartydens die opbrengs van die verkoop van wild gesteel is. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het gister ‘n verklaring uitgereik oor strafregtelike klagtes wat hy oor die voorval teen Ramaphosa ingedien het. Hy beskuldig die president van […]
SA staatsdiensvakbonde verwerp verhoging van 4,5%
Staatsdiens-vakbonde in die buurland verwerp die verhoging van 4,5 persent wat die regering aangebied het tydens die huidige salaris-onderhandelings. Hulle eis ‘n verhoging van 10 persent vir alle staatsamptenare vir 2022. Die ekonoom Dick Forslund sê hy glo nie die regering sal instem tot hulle eis nie, omdat dit teenstrydig sal wees met sy eie […]
Kavango-leerder: Wettig aborsie
Vandag is die laaste dag van openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie deur die staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake in die streke van Zambezi en Kavango-Oos. Die verhore vind plaas as gevolg van drie petisies met opponerende sienings wat in 2020 by die Nasionale Vergadering ingedien is en na […]
Eskom maan oor beurtkrag
Eskom maan die publiek weens die voorgesette tekort aan opwekkings-vermoë sal die kragstelsel vanaand erg onder druk wees. Indien eenhede buite werking sou raak, kan beurtkrag op kort kennisgewing ingestel word tydens die aand-spitstyd tussen vyf-uur en tien-uur. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Matshantsha, sê die kragstelsel word voortdurend fyn dopgehou, aanpassings word gemaak en […]
Somer-Vrydae laat werkers gelukkig voel
Die idee van Somer-Vrydae verbeter volgens ‘n opname mense se werkservaring en laat hulle baie gelukkiger voel. Ondernemings het begin om byvoordele in te stel wat werkers van tyd tot tyd in die somer ‘n dag of ‘n half-dag afgee. Meer as agt uit 10 van die werknemers wat ondervra is, het ‘n positiewe reaksie […]
Handelsbulletin van April toon afname
Vir die maand van April het Namibië se uitvoerverdienste op 5,5 miljard Namibiese dollar gestaan, wat ‘n afname van 36,4 persent op ‘n maandelikse basis is. Invoere het 8,8 miljard dollar beloop wat ‘n daling van 5,2 persent maandeliks is, volgens die handelsbulletin van April van die Namibiese Statistiek Agentskap. Dit het gelei tot ‘n […]
Windhoek Motorklub gereed vir Tara-tydren
Die gewilde Tara-tydren van die Windhoek Motorklub skop môre af en duur tot Saterdag. Richard Slamet, die voorsitter van die Windhoek Motorklub sê hulle is slaggereed vir die tydren. Hy vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hulle voorberei om te verseker dat die eerste voertuig môreoggend om nege-uur kan wegspring.
NLU het grondbelastingaanslae met waardeerder-generaal bespreek
Daar is oënskynlike berekeningsfoute op die grondbelastingaanslae vir die afgelope vyf jaar, het die Namibië Landbou-unie aan sy lede gesê. Lede word aangeraai om hul belasting eerder sélf te bereken. Tanja Dahl, die unie se woordvoerder, sê hulle word oorval met navrae van grondeienaars wat reeds hul eerste grondbelastingaanslae ontvang het. Grondbelasting vir die afgelope […]
TransNamib wil geen kommentaar lewer oor uitgelekte dossier
TransNamib wil geen kommentaar lewer oor ‘n verdoemende uitgelekte dossier nie. Die forensiese verslag van die ouditfirma Ernst en Young lê ‘n magdom onreëlmatighede by TransNamib bloot, berig Nampa. Verlede jaar is berig dat reuse-salarisse aan nie-presterende bestuurders een van die groot kwessies was. Elke bestuurder gaan glo huis toe met nie minder nie as […]
Kaapstad se uitheemse bome moet waai
Die jongste navorsing deur die Landbounavorsingsraad het gekyk hoe uitheemse bome die stroomvloei raak in vier bergopvanggebiede bokant van Kaapstad se grootste damme. Die studie toon die verwydering van groot uitheemse bome kan stroomvloei met tussen 15 en 30 persent verhoog, wat water en geld spaar. Alanna Rebelo van die raad sê die indringing van […]