SA staatsdiensvakbonde verwerp verhoging van 4,5%

Staatsdiens-vakbonde in die buurland verwerp die verhoging van 4,5 persent wat die regering aangebied het tydens die huidige salaris-onderhandelings. Hulle eis ‘n verhoging van 10 persent vir alle staatsamptenare vir 2022. Die ekonoom Dick Forslund sê hy glo nie die regering sal instem tot hulle eis nie, omdat dit teenstrydig sal wees met sy eie soberheidsmaatreëls wat in die begrotingstoespraak aangekondig is.