Ramaphosa ontken Arthur Fraser se aantygings van toesmeerdery

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het bevestig daar was in Februarie 2020 ‘n rooftog by sy wildsplaas in Limpopo waartydens die opbrengs van die verkoop van wild gesteel is. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het gister ‘n verklaring uitgereik oor strafregtelike klagtes wat hy oor die voorval teen Ramaphosa ingedien het. Hy beskuldig die president van misdadige optrede met die toesmeer van die rooftog. Ramaphosa sê Fraser se bewerings het geen gronde nie. Hy het destyds die Afrika-unie-spitsberaad in Addis Ababa bygewoon en dit by die hoof van die Presidensiële Beskermingseenheid aangemeld om ondersoek te word.