Kaapstad se uitheemse bome moet waai

Die jongste navorsing deur die Landbounavorsingsraad het gekyk hoe uitheemse bome die stroomvloei raak in vier bergopvanggebiede bokant van Kaapstad se grootste damme. Die studie toon die verwydering van groot uitheemse bome kan stroomvloei met tussen 15  en 30 persent verhoog, wat water en geld spaar. Alanna Rebelo van die raad sê die indringing van uitheemse bome in die Overberg-streek kan die koste van die vind van alternatiewe waterbronne tot 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar verhoog. Sy sê daar moet nou opgetree word om ‘n waterkrisis in die toekoms te verhoed.