Jong vroue wynmaker wen wêreldprys

Die bekroonde Piekenierskloof-wyne van Citrusdal in die Wes-Kaap het op vanjaar se Londense wynkompetisie goud gewen in die afdeling “Beste Wyne per land” vir sy Bergendal Chenin Blanc 2020. Dié wyn, deur die jong wynmaker Hendrien Vercueil, is afkomstig van wingerd wat in 1962 geplant is. Vercueil sê dit is intimiderend om in dié vinnig […]

Read More

Klein besigheid? Hier’s jou geleentheid om na die VSA uit te voer…

Die Amerikaanse African Growth and Opportunity Act, bekend as AGOA, laat Namibiese maatskappye toe om onder verslapte maatreëls, uitvoere na die VSA se bewerkstellig. In ‘n poging om uitvoere te versterk en geleenthede vir Namibiese maatskappye te bied, hou die handelsministerie twee geleenthede om kapasiteit te bou. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die ministerie het die […]

Read More

BoN sê ook inflasie sal 6% vanjaar bereik

Daar is min verligting vir Namibiese verbruikers en ekonome voorspel dat inflasie tot 6 persent vanjaar kan styg. Die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab het ook melding gemaak hiervan, soos BoN se woordvoerder, Kazembire Zemburuka, verduidelik.

Read More

Die beste ding vir ‘n lae olieprys is ‘n hoë olieprys

Oliepryse per vat het Maandag tot 120 Amerikaanse dollar gestyg nadat Saoedi-Arabië premies vir sy olieverkope vir Julie skerp verhoog het. Die stygings kom selfs al het die Organisasie vir Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote verlede week besluit om produksie in Julie en Augustus met 648 000 vate per dag te verhoog – 50 persent meer […]

Read More

Registrasie van SIM-kaarte sterk op pad

Die Namibiese Kommunikasie Reguleringsowerheid het vandag ‘n veldtog van stapel gestuur om die publiek in te lig oor SIM-kaart registrasie. Die wetsontwerp is reeds by die Nasionale Vergadering ingedien. Ingevolge die bepalings moet alle SIM-kaarte aan eienaars geregistreer word, ‘n stap wat slenters en bedrog, bekamp. Dit is nog nie van krag nie maar, sal […]

Read More

Russiese bierdrinkers ly onder sanksies

Wanneer sanksies harder byt as wat verwag word, dan kan jy nie meer jou gunsteling bier geniet nie. Meer as 100 dae na Rusland die Oekraïne ingeval het is buitelandse alkohol steeds in Moskou-kroeë beskikbaar, maar die eens genoeg voorraad is besig om te kwyn. Baie buitelandse maatskappye, insluitend die toonaangewende Westerse brouer in die […]

Read More

Voedselveiligheid: Een uit tien word geraak

Die Departement van Gesondheid in Stad Kaapstad sal vandag Wêreld-Voedselveiligheidsdag herdenk met die opleiding van 70 voedselhanteerders verbonde aan voedingskemas, vroeëkind-sentrums en skole. Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie raak voedseloordraagbare siektes elke jaar wêreldwyd een uit tien mense. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê daar is meer as 200 van hierdie siektes […]

Read More

Kommissie sê oor Heineken-ondersoek

Dit is die mandaat van die Namibië Mededingingskommissie om die multi-miljard-dollar-transaksie tussen Heineken NV en Namibië Brouerye te ondersoek. Die kommissie ondersoek die moontlike impak daarvan op mededinging in die plaaslike bierbedryf. Die kommissie sal Donderdag ‘n konferensie van belanghebbendes hou na aanleiding van ‘n openbare konsultasieproses wat aan die begin van Maart vanjaar afgesluit […]

Read More

Nuwe grenspos by Nyae-Nyae vandag oop

Na beloftes om Namibië se grense te beveilig, word ‘n nuwe grensfasiliteit vir die polisie se Spesiale Reserwemag vandag by die Nyae-Nyae-bewaringsgebied vandag amptelik geopen. Die hoof van Nampol, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het met die media gepraat voor hy vertrek het vir die geleentheid.

Read More

Mkhwebane sê sy het nie toegang tot goeie hof nie

Die buurland se Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die Afrikakommissie vir Menseregte genader. Sy beskuldig Suid-Afrika dat haar reg op toegang tot onafhanklike howe geskend word deur haar uit haar amp te probeer verwyder. Mkhwebane het twee weke gelede haar redes aan President Cyril Ramaphosa uiteengesit waarom sy nie geskors moet word hangende ampsklag-prosesse teen haar in die Parlement nie. Sy het […]

Read More