Kommissie sê oor Heineken-ondersoek

Dit is die mandaat van die Namibië Mededingingskommissie om die multi-miljard-dollar-transaksie tussen Heineken NV en Namibië Brouerye te ondersoek. Die kommissie ondersoek die moontlike impak daarvan op mededinging in die plaaslike bierbedryf. Die kommissie sal Donderdag ‘n konferensie van belanghebbendes hou na aanleiding van ‘n openbare konsultasieproses wat aan die begin van Maart vanjaar afgesluit het. Dina //Gowases, korporatiewe kommunikasiebeampte van die kommissie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die ondersoek voortduur.