Voedselveiligheid: Een uit tien word geraak

Die Departement van Gesondheid in Stad Kaapstad sal vandag Wêreld-Voedselveiligheidsdag herdenk met die opleiding van 70 voedselhanteerders verbonde aan voedingskemas, vroeëkind-sentrums en skole. Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie raak voedseloordraagbare siektes elke jaar wêreldwyd een uit tien mense. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê daar is meer as 200 van hierdie siektes en hoewel sommige minder ernstig is, is ander dodelik: