Mkhwebane sê sy het nie toegang tot goeie hof nie

Die buurland se Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die Afrikakommissie vir Menseregte genader. Sy beskuldig Suid-Afrika dat haar reg op toegang tot onafhanklike howe geskend word deur haar uit haar amp te probeer verwyder. Mkhwebane het twee weke gelede haar redes aan President Cyril Ramaphosa uiteengesit waarom sy nie geskors moet word hangende ampsklag-prosesse teen haar in die Parlement nie. Sy het ook die parlementêre ondersoek en haar skorsing in die Wes-Kaapse Hooggeregshof betwis. Mkhwebane sê haar persoonlike integriteit is in gedrang en sy eis skadevergoeding van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand.