Nuwe grenspos by Nyae-Nyae vandag oop

Na beloftes om Namibië se grense te beveilig, word ‘n nuwe grensfasiliteit vir die polisie se Spesiale Reserwemag vandag by die Nyae-Nyae-bewaringsgebied vandag amptelik geopen. Die hoof van Nampol, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het met die media gepraat voor hy vertrek het vir die geleentheid.