Plaaslik sal die brandstofprys moet styg – ekonoom - April 26, 2023

Brandstofpryse bly in die nuus. In die buurland word daar ‘n daling in dieselpryse maar, ‘n verhoging in petrolpryse vir Mei verwag. Plaaslik is daar meer regeringsondersteuning maar, met ‘n 6 persent styging in die olieprys in die afgelope weke en ‘n versterking in die Amerikaanse dollar, sal die plaaslike brandstofprys moet styg oor die […]

Read More

Drie vas vir vervalste renosterhorings - April 26, 2023

Die Namibiese omgewingsministerie sê daar was drie nuwe gevalle van wildmisdaad in die afgelope week, tot en met 23 April aangemeld. Op Opuwo is drie Namibiese mans in hegtenis geneem vir die besit van vier vervalste renosterhorings. Hulle word aangekla vir sameswering om ‘n ander persoon oorreed om ‘n misdaad te pleeg. Op Rundu is […]

Read More

ANC se Strafhof standpunt belyn Suid-Afrika met die verkeerde kant - April 26, 2023

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die besluit van die ANC-party om die Rome-statuut te verlaat en dus ook die bepalings van die Internasionale Strafhof, is ‘n stap in die verkeerde rigting. Die Suid-Afrikaanse Presidensie het intussen bevestig dat die land steeds deel van die statuut vorm maar, dat hy hom sal aanpas vir […]

Read More

Saak van Arandis bankbestuurder en haar toordokter afgehandel - April 26, 2023

Die saak van die Arandis bankbestuurder wat 800 000 Namibiese dollar in kontant by haar werkgewer gesteel het en onder ‘n brug vir ‘n toordokter met die naam Mama Lala gelos het, is afgehandel met Engelborg Strauss wat agt jaar agter tralies sal spandeer. Sy het in totaal 1,6 miljoen dollar by die bank gesteel […]

Read More

Wes-Kaap moet meer as 500 000 skoolaansoeke verwerk - April 26, 2023

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 165 993 unieke leerderaansoeke is vir die 2024 akademiese jaar ontvang. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê ouers van 156 093 leerders se aansoeke is betyds ingedien tydens die toelatings-aansoekvenster, terwyl ouers van 9 900 leerders hul aansoeke laat ingedien het. Die LUR sê met ouers wat by meer […]

Read More

NWR se opleiding sal dienslewering verbeter - April 26, 2023

Namibia Wildlife Resorts het pas sy middelvlak-bestuurders opgelei in ‘n bestuursontwikkelingsprogram. Die opleiding het oor 12 maande plaasgevind en stel die kandidate in staat om die jongste neigings toe te pas. Beide oord-bestuurders en die van hoofkantoor is opgelei. Kosmos 94.1 Nuus het met die NWR se woordvoerder Nelson Ashipala gepraat oor die opleiding en […]

Read More

Dis net die ANC wat die Rome-statuut wil verlaat – Presidensie - April 26, 2023

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê Suid-Afrika bly ‘n ondertekenaar van die Rome-statuut. Daar het, luidens ‘n verklaring ‘n fout ingekruip by die perskonferensie na die vergadering van die ANC-party se nasionale uitvoerende komitee. Maar, volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die Presidensie, sal die buurland aanpassings maak wat immuniteit aan die met lasbriewe van die Internasionale Strafhof, […]

Read More

EU teiken twee ISIS-Mosambiek leiers met sanksies - April 26, 2023

Die raad van die Europese Unie het ISIS-Mosambiek en twee van sy leiers onder geteikende sanksies geplaas. Die raad het meer maatreëls ingestel om die opstand in die olie-gasryke Cabo Delgado-provinsie teen te werk. Abu Yasir Hassan, gebore in Tanzanië, en Bonomade Machude Omar – wat in Cabo Delgado, Mosambiek gebore is – is deur […]

Read More

Ikoon en baanbreker, Harry Belafonte sterf - April 26, 2023

Die Grammy-, Emmy- en Tony-bekroonde Amerikaanse sanger, akteur en aktivis, Harry Belafonte, is op die ouderdom van 96 dood Hy word beskryf as een van die suksesvolste Karibies-Amerikaanse popsterre. Sy deurbraak-album in 1956, Calypso, was die eerste langspeelplaat deur ‘n enkel-kunstenaar waarvan ‘n miljoen eksemplare verkoop is. Hy het in genres soos blues, folk en […]

Read More

Goewerneurs word nou Presidensie se probleem - April 25, 2023

Streeksgoewerneurs sal voortaan onder die Namibiese Presidensie resorteer met hul begrotings wat ook verskuif word. President Hage Geingob het die nuus aan die goewerneurs deurgegee. Die besluit het wenkbroue laat lig omdat daar talle oproepe is vir desentralisasie van die regering se vertakkings om dienslewering te verbeter. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent […]

Read More