Jurie word vandag vir Trump-verkragtingsaak gekies - April 25, 2023

Die aanwysing van die jurie vir oudpresident Donald Trump van Amerika se siviele verkragting- en lastersaak begin vandag in ‘n Manhattan-hof. Hy word beskuldig dat hy die skrywer en gewese rubriekskrywer, E. Jean Carroll, drie dekades gelede in ‘n New Yorkse afdelingswinkel verkrag het. Trump het Carroll se bewerings herhaaldelik ontken en haar ‘n leuenaar […]

Read More

Bok-vroue tref terugslag met De Bruin se besering - April 25, 2023

Die Springbok-vrouesewes het ‘n terugslag beleef toe Marlize de Bruin uitgeskakel is vir die tweede Wêreldrugbysewes Challenger-reekstoernooi wat die naweek by die Markötter-stadion in Stellenbosch plaasvind. Sy het haar enkel in die eerste Challenger-reeks se eindstryd teen België beseer. De Bruin wat deur Jakkie Cilliers vervang word, sê sy sal ses weke buite aksie wees […]

Read More

Eskom bestuur vraag en aanbod van elektrisiteit deur spesiale program - April 25, 2023

Eskom sal sy ingrypings verskerp om die vraag en aanbod van elektrisiteit te bestuur. Eskom-raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê dat die programme die doeltreffende bestuur van kliënte se energieverbruik moontlik maak om spitsvraag of algehele verbruik gedurende spesifieke tydperke te verminder. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena het met die media gepraat.

Read More

SIM-kaart registrasie en verlenging onder die loep - April 25, 2023

Die inligtingministerie sê hy het nie beraadslaag oor enige planne om die sperdatum van SIM-kaart registrasie na die afsnydatum van 31 Desember vanjaar te verleng nie. Die uitvoerende direkteur Audrin Mathe sê dit is te vroeg om die kwessie te bespreek. Dit kom na oproepe deur van die operateurs wat kommer uitgespreek het dat die registrasieproses nie vinnig genoeg beweeg nie. MTC sê volgens wat berig word dat ‘n verlengingsversoek wel iets is wat oorweeg […]

Read More

Misdaad teen kinders moet as halsmisdaad verklaar word - April 25, 2023

Die burgerregteorganisasie in Suid-Afrika, NotInMyName, doen ‘n beroep dat seksuele misdrywe teen kinders in die buurland as halsmisdaad verklaar word. In die jongste voorval het die hof in Johannesburg die veroordeelde verkragter en kinder-seksoortreder Gerhard Ackerman op meer as 700 aanklagte skuldig bevind. Dit sluit verkragting, poging tot moord, sekshandel en die seksuele uitbuiting van kinders in. Die 52-jarige Ackermann het tussen 2019 en […]

Read More

Ontruiming van landsburgers uit Sudan duur voort - April 25, 2023

Terwyl Namibië waarborge gegee het dat Namibiese burgers in Sudan veilig is en planne nog gemaak word om hulle te ontruim, skarrel talle ander lande om hul burgers huis toe te bring. Die situasie in die land is uiters onstabiel en padblokkades word volgens berigte deur rebellegroepe en soldate opgerig wat konvooie keer en mense se lewens in gevaar stel. […]

Read More

Biden sê vandag oor 2024 - April 25, 2023

Die Amerikaanse President Joe Biden sal na verwagting vandag sy 2024-herverkiesingsveldtog aankondig. Dit vind plaas presies vier jaar na sy veldtogaankondiging vir 2020. Volgens sommige berigte lyk Biden se vooruitsigte nie goed nie. Sy goedkeuringsgraderings bly laag en daar is kommer oor sy ouderdom. Op 80 is hy reeds die oudste president in die Amerikaanse geskiedenis. Indien hy weer verkies word, sal Biden aan die […]

Read More

Geestesgesondheid vaar blykbaar beter in SA - April 25, 2023

Die Gauteng gesondheidsdepartement bied vandag en môre ‘n tweedaagse geestesgesondheidskonferensie in Gauteng aan. Dit volg voor Wêreld-geestesgesondheidsmaand in Mei, wat daarop gemik is om bewusmaking en ondersteuning oor geestesgesondheid te bevorder. Volgens die Geestesgesondheids-prysaanwyser 2022 deur Kenkou het sielkundige kwessies afgeneem in Suid-Afrika. Jeanette Hunter van die departement sê van die onderwerpe sal die jeug se geestesgesondheid uitlig en die media se rol […]

Read More

NamPower vra vir verhoging van amper 17% - April 25, 2023

NamPower het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra. Volgens wat berig word, moet die Elektrisiteitsbeheerraad teen 30 April die aansoek oorweeg na ‘n vergadering wat op 31 Maart plaasgevind het. NamPower presteer normaalweg uiters goed maar het in die vorige boekjaar erge uitdagings beleef en ‘n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar vir die jaar tot 30 Junie 2022 aangeteken, teenoor […]

Read More

Litiumbatterye loop oop in SA - April 25, 2023

Suid-Afrika het ‘n toename in die invoere van litiumbatterye aangeteken. Dit volg terwyl talle verbruikers alternatiewe planne beraam weens die beurtkrag-krisis. Kenners meen die kragkrisis kan die litiumbatterybedryf ‘n hupstoot gee. ‘n Ekonoom, Gaylor Montmasson-Clair, sê die styging het verlede jaar begin: 

Read More