
Graanmark stabiliseer na Putin se ondernemings – Collard - March 27, 2023
Die Russiese President Vladimir Putin, het die Swartsee-onderneming vir die uitvoer van grootmaat graan en kunsmis na Afrika met twee maande verleng. Die verlenging volg nadat die onderneming die naweek na ‘n siklus van 120 dae geëindig het. Putin sê indien daar nie aan die eise voldoen word nie, sal Rusland gratis kunsmis en graan na Afrika stuur […]
Meyer sê Hendrina het voor sy bakkie ingespring – stukke ingedien - March 27, 2023
Die Mariental-boer Johan Meyer hou vol dat hy nie Hendrina Mupolo gesien het nie en dat sy voor sy motor agter ‘n skuinswal, ingespring het. Hy het sy verklaring in die hofsaak waar Mupolo se pa, Elias, hom dagvaar vir 10 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na Hendrina se dood, ingedien. Meyer sê hy was […]
Wetgewing rakende openbare byeenkomste moet verander - March 27, 2023
Die wetgewing op openbare byeenkomste moet aangepas word. Dit kom na Namibia Fact Check ‘n hersiening oor die howe se beslissings en die Namibiese polisie se standpunt oor betogings gedoen het. In 2003 en weer 20 jaar later in 2023 het die hoërhof in die guns van die polisie bevind om protesoptogte te verbied – […]
N$4,8m op staatsgeleenthede bestee - March 27, 2023
Plaaslike berigte lui dat die regering 2,1 miljoen Namibiese dollar in die 2022-23 boekjaar op staatsbegrafnisse bestee het. Dit is aansienlik minder as die 4 miljoen dollar wat reeds teen Junie 2021 bestee is in die 2021-22 boekjaar, met die dodelike derde vlaag Covid-infeksies. Die adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het die syfers bekend gemaak. In […]
Uiters goeie reën word vir verre noordweste voorspel - March 27, 2023
Goeie neerslae is in verskeie gebiede in Namibië se oostelike dele ontvang met uiters goeie buie wat ook in Botswana aangeteken is. Volgens die bekende plaaslike weerkenner George van der Merwe, sal die noordelike en sentrale dele die week aan die beurt kom met groot verligting ook vir die verre noordweste.
Dis ‘n deurmekaarspul met beurtkrag oor die volgende paar dae - March 27, 2023
Eskom het fase een-beurtkrag vanaf vier-uur gistermiddag tot vyf-uur vanoggend ingestel. Daarna sal fase twee tot vier-uur vanmiddag geld. Fase drie-beurtkrag sal tot môreoggend om vyf-uur ingestel word. Die kragvoorsiener se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê môre en Woensdag sal fase een-beurtkrag van vyf-uur die oggend tot vier-uur die middag geld en fase twee van […]
Katjavivi looi begroting vir korrupsie-ondersoeke - March 27, 2023
Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het ‘n beroep op die regering gedoen om die jaarlikse befondsing van die Teenkorrupsie-kommissie se ondersoekafdeling te verhoog, en sê die 3,4 miljoen Namibiese dollar wat vir ondersoeke geoormerk is, is onvoldoende. Hy sê dis slegs 11 persent van die totale begroting van amper 30 miljoen […]
Daar is nie meer eerbare leiers nie, hulle wil net eet – Zondo - March 27, 2023
Hoofregter Raymond Zondo in Suid-Afrika sê die ANC-regering moet geen verdraagsaamheid toon teenoor die korrupsie wat steeds die land teister nie. Zondo het die OR Tambo-lesing gelewer by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Hy sê die voormalige ANC-president Oliver Tambo sou geskok gewees het om uit die staatskapingsverslag te leer die bedrag […]
Navo sê Putin se kommentaar oor kernwapens is misleidend - March 27, 2023
Navo het Russiese President Vladimir Putin gekritiseer vir wat hy as sy gevaarlike en onverantwoordelike kommentaar beskryf het, ‘n dag nadat die Russiese president gesê het hy beplan om taktiese kernwapens in Belarus te plaas. Putin het die skuif vergelyk met die VSA wat sy wapens in Europa gestasioneer het, terwyl hy daarop aangedring het […]
Ride the Ridges was ‘n reuse-sukses - March 27, 2023
Die Ride the Ridges bergfietswedren, wat deur PSG en die Capricorn-groep aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Die geleentheid het Vrydag begin en Sondag klaargemaak en 33 persent meer inskrywings is in die tweede jaar van die geleentheid ontvang. Alle inskrywingsfooie is aan die Gondwana Care Trust geskenk met ‘n tjek van 20 000 Namibiese dollar […]