DA stel Mpho weer voor - April 25, 2023

Die DA het sy voormalige burgemeester in die Johannesburgse metro, Mpho Phalatse, benoem om weer die pos oor te neem. Dit volg nadat Thapelo Amad bedank het ‘n dag voordat ‘n mosie van wantroue van die DA en ActionSA gedebatteer sou word. Die DA se voorsitter in Gauteng, Fred Nel, sê Amad het geen ander keuse gehad as om te bedank nie. Hy […]

Read More

Landbou se noodtoestand in Uruguay gaan voort - April 25, 2023

Die ministerie van landbou in Uruguay het ‘n verlenging aangekondig van die huidige landbou-noodtoestand weens die gevolge van die droogte. Minister Fernando Mattos het verklaar dat die nasionale landbou-noodtoestand vir 150 dae tot September verleng sal word vir vee, suiwel, tuinbou, vrugte, landbou, byeboerdery, pluimvee en bosbou. Hy sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking van […]

Read More

Ongwediva-dorpsraad reik uit na publiek, media - April 25, 2023

As deel van sy pogings vir deursigtigheid en aanspreeklikheid, het die Ongwediva-dorpsraad ‘n funksie met die media gereël om die bedrywighede van die raad bekend te maak. Die woordvoerder, Jackson Muma, sê die tipe geleentheid is uiters belangrik omdat die media die skakel tussen die dorpsraad en die publiek is. Hy verduidelik. 

Read More

Mikroleners is bron van kommer in huishoudelike skuld - April 25, 2023

Huishoudelike skuld in Namibië is ‘n groot bron van kommer. Daar is onlangs besprekings aanlyn gehou waar staatsamptenare gebieg het dat wanneer hulle hul maandelikse salarisse ontvang, word dit alles aangewend om skuld aan mikroleners terug te betaal. Sommige sê hulle gaan lenings by die instansies aan om lenings by ander instansies te betaal. Daar is […]

Read More

Cyril moet ruggraat ontwikkel en finaal sê oor Ramokgopa - April 25, 2023

Die DA sê die aanstelling van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, begin al meer na ‘n mislukking lyk. Die party sê as President Cyril Ramaphosa ernstig was om Ramokgopa aanspreeklik te hou om die land se energiekrisis op te los, sou hy al die verantwoordelikhede van die minister se portefeulje in die staatskoerant gepubliseer […]

Read More

6 Januarie-komitee: Pence sê daar is niks nuuts om te sê nie - April 25, 2023

Daar is groot afwagting vir die getuienis van die voormalige vise-president in die VSA, Mike Pence, voor die komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek. Die komitee moet bepaal of daar klagte teen oudpresident Donald Trump in die verband gebring moet word of nie. Pence het probeer keer om te getuig maar is onlangs deur […]

Read More

Krieket SA wys A-groep aan vir Sri Lanka-toer - April 25, 2023

Krieket Suid-Afrika het ʼn Suid-Afrika ‘A’-groep van 15-spelers aangewys vir ʼn toer na Sri Lanka in Junie vir drie eendag- en twee vierdagwedstryde. Tony de Zorzi sal die span aanvoer onder leiding van die hoof-toetsafrigter, Shukri Conrad. Die groep is versterk met verskeie spelers met internasionale ervaring, soos Keegan Petersen, Kyle Verreyne, Gerald Coetzee en […]

Read More

Voorspelling vir daling in diesel in SA, verhoging in petrol - April 25, 2023

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Suid-Afrika verwag volgende week goeie nuus vir diesel-verbruikers aangesien pryse waarskynlik met tot 51-sent-per-liter gaan daal. Motoriste wat petrol gebruik, moet egter voorberei vir ‘n verhoging van meer as 60-sent-per-liter. Hugo Pienaar van die buro sê die afname sal voordelig wees vir mense wat op kragopwekkers staatmaak tydens kragonderbrekings, […]

Read More

Groot dagga-vonds op Rundu, en 1 ietermagô-vel - April 25, 2023

Twee mans en ‘n vrou is op Rundu vir die besit van dagga in hegtenis geneem. Adjunk-kommissaris Eino Nambahu, die waarnemende streekbevelvoerder in die Kavango Oos-streek sê die drie is naby ‘n bekende lodge betrap met dagga in twee 20liter houers. Die waarde van die dwelms moet nog bepaal word. By dieselfde lodge is ‘n man […]

Read More

GOOD Party verwelkom Amad se bedanking - April 25, 2023

Die GOOD Party sê die bedanking van die Johannesburgse burgemeester Thapelo Amad is ‘n stap in die regte rigting om die stad weer op dreef te kry. Die Al Jama-ah-raadslid het bedank en gesê dié besluit het niks te doen met die openbare oproer oor sy burgemeesterskap nie. Die GOOD Party-lid, Lloyd Phillips, sê Johannesburg […]

Read More