
Swendelaars teiken Otji-sakeman - May 8, 2023
Swendelaars is al reeds besig met ‘n bedrogspul nadat die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap met brandwonde na ‘n Johannesburgse hospitaal vervoer is. Volgens sy skoonseun Jacques Celliers word vals boodskappe op Facebook en WhatsApp versprei om geld vir Borstlap in te samel. Die boodskappe lui dat sy vrou in ‘n finansiële penarie is […]
Dodetal weens vloede in DRK styg tot 400 - May 8, 2023
Die dodetal weens vloede en grondverskuiwings in die oostelike dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo het tot 400 gestyg. Volgens die administrateur van die Kalehe-gebied in die Suid-Kivu-provinsie, Thomas Bakenga, het begrafnisse van slagoffers in twee dorpe Sondag begin. Hy sê tot dusver is 142 liggame in Bushushu begrawe en 132 in Nyamukubi, […]
Tennis: Alcaraz kan top-posisie in Rome herwin - May 8, 2023
Tennis: Carlos Alcaraz sal weer die wêreld se nommer een-posisie beklee deur net dié week aan die Italiaanse Ope deel te neem. Die 20-jarige Spanjaard het sy Madridse Ope-titel Sondag suksesvol verdedig en dit beteken hy sal Novak Djokovic bo-aan die ranglys vervang deur net een wedstryd in Rome te speel. Dit sal die Spanjaard […]
Regskostes vir Kavango-gemeenskappe moet laat vaar word - May 8, 2023
Namibiese burgerlike organisasies en Kavango-gemeenskappe doen ‘n beroep op die regering om afstand te doen van regskoste wat aan Kavango-gemeenskappe gehef word wat appelleer teen ReconAfrica se permitte vir verdere boor op hul kommunale gronde Die Namibiese belastingmeester sal op 16 Mei besluit of plaaslike gemeenskappe in die Kavango-streek meer as 520 000 Namibiese dolalr […]
Nie alles oor olie-kontrakte kan geopenbaar word nie - May 8, 2023
Immanuel Mulunga, die geskorste besturende direkteur van Namcor, het met plaaslike media gepraat oor die onlangse aanmerkings deur die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab. Volgens !Gawaxab is die korrekte raamwerk en deursigtigheid uiters belangrik vir die plaaslike petroleumbedryf. Volgens Mulunga, is daar klousules in Namibië se olie-ooreenkomste met internasionale korporasies wat vertroulikheid […]
Vervalle infrastruktuur vererger impak van natuurrampe in Afrika - May 8, 2023
Die Wêreldbank sê die klimaatsverandering-stryd vereis ‘n fokus op strukture wat reeds lank verwaarloos is en vererger weens die uitwerking van natuurrampe in Afrika en ander ontwikkelende dele. Die bank se bedryfs-direkteur, Anna Bjerde, sê sommige van hierdie struktuur-uitdagings is die gevolg van jare se omgewingsagteruitgang. Bjerde versoek verdere hulp om hierdie uitdagings te bekamp […]
DeSantis sê aikôna vir digitale dollar - May 8, 2023
Die federale regering in die VSA oorweeg op die oomblik ‘n beheerde digitale Amerikaanse dollar wat deur die Federale Reserwebank onderskryf word. Nes normale geld, sal die dollar dien as ‘n bona fide geldeenheid in daardie land maar, dit bied nie die privaatheid van kontant nie. Die Florida-goewerneur Ron DeSantis het reeds aangedui dat sy […]
NamPower tender vir houtstukkies kan winsgewend wees vir boere – kenner - May 8, 2023
Agribank se tegniese adviseur op lewendehawe sê NamPower se tender vir die verkryging van indringerbos houtstukkies is ‘n gulde geleentheid vir boere regoor die land. Ngaruka sê nie net sal dit boere help om graslande te herwin nie maar, dit is ook ‘n bron van inkomste. NamPower soek die stukkies vir sy Otjikoto-biomassa kragstasie nodig. […]
Calle beklemtoon weer ontsouting, veral vir Erongo-myne - May 8, 2023
Die Namibiese landbouministerie hou die week sy strategiese vergadering op Swakopmund. Donateurs soos die Duitse GIZ en die Wêreldvoedselprogram sal ook die sessies bywoon. Die ministerie se strategiese plan sal onder die loep kom tydens die vergadering wat deel vorm van sy jaarlikse hersiening van sy werksaamhede. Die minister Calle Schlettwein, sê dat ontsouting in […]
Ontwikkeling sal sloer, Namibië voer 71,2% van sy krag in - May 8, 2023
In sy kwartaallikse ekonomiese hersiening sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing dat ten spyte van die reeks nuwe binnelandse opwekkingskapasiteit wat die afgelope paar jaar in werking gekom het, was Namibië in 2022 meer as ooit aangewese op elektrisiteitsinvoere. NamPower maak staat op Ruacana en Omburu wat saam net minder as 370 megawatt se kapasiteit […]