NotInMyName verskaf water aan Hammanskraal - May 23, 2023

NotInMyName International sê hy verskaf skoon water aan die inwoners van Hammanskraal in Tshwane. Dit volg ná die cholera-uitbreking waarin 15 mense dood is. Die gebied sukkel die afgelope 16 jaar met besmette water. Die organisasie se woordvoerder, Mo Senne, sê die reg op veilige, voldoende en betroubare water is in die Grondwet verskans: 

Read More

Hoesstrooptoetse verpligtend voor uitvoere - May 23, 2023

Indië sal toetse vir hoesstroop voor dit uitgevoer word, verpligtend maak na van sy strope verbind is met die dood van tientalle kinders in Gambië en Uzbekistan. Die nuwe wetgewing is van toepassing vanaf 1 Junie. Indië se farmaseutiese industrie van 41 miljard Amerikaanse dollar is een van die grootste ter wêreld, maar sy reputasie is geskend nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie gifstowwe […]

Read More

Howe is ingenome met Newcaste se vertoning - May 23, 2023

Die bestuurder van Newcastle United, Eddie Howe, het toegegee dat hulle met die aanvang van die seisoen nie eens aan die moontlikheid gedink het om vir die Kampioeneliga te kwalifiseer nie. Die Magpies het vir die eerste keer in twintig jaar onder die top vier spanne geëindig en na die groot arena teruggekeer toe hul wedstryd gisteraand […]

Read More

Pas wette wat nie meer ‘n doel dien nie, aan - May 23, 2023

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie en Publieke Administrasie, Natangwe Ithete, het die noodsaaklikheid beklemtoon om wette te hersien en te verander om by huidige stand van sake aan te pas. Ithete het tydens opening van die konsultatiewe en oorsig-werkswinkel oor die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, op Swakopmund, gesê […]

Read More

Pieter de Villiers sal GOOD-party in Wes-Kaapse wetgewer verteenwoordig - May 23, 2023

Die voormalige Springbok-afrigter, Peter de Villiers, gaan die GOOD-party in die Wes-Kaapse wetgewer verteenwoordig. Hy is die afgelope naweek ná onderhoude deur die party se nasionale bestuurskomitee in die amp verkies. Die opening het ontstaan nadat Shaun August geskors is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê De Villiers het die afgelope twee jaar sy gemeenskap […]

Read More

Olaf Scholtz steun Biden, nie Trump nie - May 23, 2023

Duitse kanselier Olaf Scholz sê hy verkies President Joe Biden bo sy voorganger, Donald Trump, en hoop Biden sal herverkies word vir ‘n tweede ampstermyn. Scholz het leerlinge by ‘n laerskool naby Berlyn toegespreek en Trump daarvan beskuldig dat hy verdelend is en dat hy sleg sou wees nie net vir die Verenigde State nie, […]

Read More

Jy sal binnekort WhatsApp-boodskappe kan redigeer - May 23, 2023

WhatsApp het ‘n handige opdatering bygevoeg, met gebruikers wat nou gestuurde boodskappe in die toepassing kan wysig tot en met 15 minute nadat dit gestuur is. Al wat gebruikers hoef te doen is om ‘n langer te druk op ‘n gestuurde boodskap en ‘Edit’ vanaf die spyskaart te kies. Geredigeerde boodskappe sal ‘n ‘geredigeerde’ merker langs […]

Read More

Hervestiging: GRN moet opbrengs op sy belegging kry - May 23, 2023

‘n Ekonoom meen die regering moet ‘n opbrengs op sy belegging in hervestigingsplase kan toon. Die beperkings van die hervestigingsprogram is reeds jare bekend met die groter meerderheid boere wat in armoede verval en grond wat onproduktief is. Die landbouministerie het in die vorige boekjaar amper 40 000 hektaar bekom teen ‘n koste van amper […]

Read More

Dangote bou US$19 miljard se raffinadery in Nigerië - May 23, 2023

Afrika se grootste olieraffinadery is in Nigerië geopen met die hoop dat dit chroniese brandstoftekorte sal verlig. Nigerië is ‘n groot olieprodusent, maar die meeste hiervan word na die buiteland gestuur vir verwerking en die land voer brandstof in. Die raffinadery van 19 miljard Amerikaanse dollar, wat deur Afrika se rykste man, Aliko Dangote, besit […]

Read More

Britse regering onwikkel herstelskema vir mishandelde kinders - May 23, 2023

Die Verenigde Koninkryk se regering sê hulle gaan ‘n nuwe herstelskema ontwikkel vir kinders wat seksueel misbruik is. Dit volg ná die onafhanklike ondersoek na die seksuele misbruik van kinders. Die ondersoek het bevind daar is groot tekortkominge by staats- en nieregeringsinstellings om kinders in Engeland en Wallis behoorlik te beveilig en te beskerm. Die […]

Read More