Ras en ekonomiese geleenthede is in SA verbind - April 21, 2023

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê in die Suid-Afrikaanse werklikheid is daar ‘n sterk verband tussen ras en maatskaplik-ekonomiese geleenthede. Hy het by die party se baanbrekende beleidsproses se bekendstelling in Johannesburg gepraat in aanloop tot die eerste beleidskonferensie in September. Mashaba sê vir ActionSA beteken geen rassisme nie kleurblindheid nie, maar ‘n aanvaarding dat almal aktief moet saamwerk om ‘n samelewing te […]

Read More

DBN kry verstekvonnis teen regsfirma - April 21, 2023

Regter Collins Parker het aan die Namibiese Ontwikkelingsbank ‘n verstekvonnis teen die bekende regsfirma Tjombe-Elago Incorporated toegestaan. Ingevolge die bevel moet die firma net minder as 412 000 Namibiese dollar aan die bank betaal. Dit kom na die bank die firma sowel as die regsman en vennoot Petrus Elago hof toe gesleep het vir dienste wat hy nie gelewer […]

Read More

SA se studentehulp in chaos gedompel, R5 miljard verkeerdelik uitbetaal - April 21, 2023

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in Suid-Afrika sê hy het alles in sy vermoë gedoen om skuiwergate in sy stelsels toe te stop. Dit volg ná ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid, wat onthul 5 miljard Suid-Afrikaanse rand is tussen 2018 en 2021 aan duisende nie-kwalifiserende studente betaal. Die skema se raadsvoorsitter, Ernest Khoza, sê sedertdien […]

Read More

Uganda se gay-wet word versterk - April 21, 2023

Uganda se president, Yoweri Museveni, het die omstrede anti-LGBT-wetsontwerp terug na die parlement verwys en versoek dat sommige voorwaardes daarin verskerp en strenger gemaak word.  Kragtens die wetsontwerp sal mense wat as deel van die gemeenskap identifiseer lewenslank tronk toe gaan en diegene wat volgens die wetsontwerp volgens verswarende homoseksualiteit lewe, moet die doodstraf kry. Die Verenigde […]

Read More

Sevilla skop Man-U uit Europa-liga - April 21, 2023

Manchester United is uit die Europa-liga ná die span se nederlaag teen Sevilla in die tweede been van die kwarteindronde in Spanje. Die sesmalige kampioene het drie onbeantwoorde doele behaal – twee daarvan regstreeks weens foute wat United gemaak het – en met ‘n totaal van vyf-twee geseëvier. Sevilla kom in die halfeindronde teen Juventus te staan wat Sporting Lisbon twee-een verslaan het […]

Read More

Koue en reën die naweek op pad - April 21, 2023

‘n Kouefront sal vandag aansienlike daling in temperature oor die binneland tot gevolg hê, volgens die Metereologiese Diens. Swaar reënstorms word in die Noorde verwag, en sal ook vanaf Sondagaand en Maandag in die Suide en dele oor die sentrale gebied voorkom. Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus by die diens gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die weervooruitsigte…  

Read More

Grondhervorming belemmer landbou se groei - April 21, 2023

‘n Namibiese ekonomiese kenner stem saam dat korrupsie in die Suid-Afrikaanse landbou-bedryf rakende grondhervorming, nes in Namibië, groei in die sektor belemmer. Sy reaksie volg op Farmers United South Africa se president, Ronnie McKenzie, wat sê grond word aan onbevoegde mense gegee terwyl boere oor die hoof gesien word. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. […]

Read More

Ma wat vermoedelik kinders in Addis vermoor, terug op haar pos in Whk - April 21, 2023

Plaaslike media berig dat die vermeende moordenaar van haar twee kinders in Addis Abeba, Kristofina Amutenya terug is op haar pos by die ministerie van myne en energie. Daar was beweer dat Amutenya in Desember 2020 haar kinders Jenay, 9, en Jane, 3, by die Namibiese ambassade in Addis vermoor het. Die staat het destyds besluit om haar plaaslik te vervolg omdat Ethiopië die doodstraf het. Dit is moontlik omdat […]

Read More

Navo-baas se kuier in Oekraïne maak Kremlin warm onder die kraag - April 21, 2023

Rusland het skerp gereageer op die besoek van die sektretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg aan die Oekraïne. Stoltenberg het President Volodymyr Zelensky besoek en weer beklemtoon dat die land by Navo moet, en sal aansluit. Die Kremlin sê Navo se ooswaartse neiging in Europa is die hoofrede vir sy sogenaamde spesiale operasie in sy buurland […]

Read More

Klagte teruggetrek teen Alec Baldwin - April 21, 2023

Aanklaers in Nieu-Mexiko het strafregtelike aanklagte teen die akteur Alec Baldwin laat vaar na die noodlottige skietvoorval waarin die kinematograaf, Halyna Hutchins, op die stel van die Western-fliek, Rust, dood is. Die 65-jarige akteur is aangekla van twee gevalle van onwillekeurige manslag. Die voorval het gebeur toe ‘n skerppunt-koeël uit ‘n rekwisiet-vuurwapen wat Baldwin gebruik het, in 2021 tot Hutchins se […]

Read More