Cosatu soek korter toue by Arbeidsdepartement

Cosatu doen ‘n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om dringend stappe te doen om ‘n einde te maak aan die lang toue by arbeidskantore oral in die land. ‘n Vrou het glo onlangs ineengestort na sy ure lank met haar kind by die Werkloosheidsversekeringsfonds se kantore in Pretoria gewag het. Zanele Sabela […]

Read More

Musiekstroom-webwerf sê 10% van opgelaaide snitte is KI

Die musiekstroom-webwerf Deezer sê een uit elke tien snitte wat daagliks opgelaai word, is óf nie oorspronklik nie óf net ‘n geraas wat kunsmatige intelligensie-programme skep. Die onderneming se bedrogopsporings-tegnologieë, wat in 2023 begin is, het ontdek ongeveer 10 000 snitte wat ten volle deur KI vervaardig is, word elke dag op die platform gelaai. […]

Read More

Kaapstadse Met bring perde, modegiere

Perdesport: Die ikoniese Kaapstadse Met, wat een van die belangrikste geleenthede op die land se perdewedren-kalender is, gaan môre sportgeesdriftiges én sosiale vlinders na die Kenilworth-renbaan lok. Vanjaar se tema is Couture Unleashed, wat avant-garde kuns en tydlose elegansie laat saamsmelt. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê mense kan kom kyk hoe […]

Read More

Die tyd is ryp vir bosgebaseerde veevoer

Dele van die land het tans welige groen weiveld, danksy goeie reënval. Dit is ‘n deurslaggewende tydperk vir boere om vir toekomstige droogtes voor te berei deur met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die gebruik van indringerbosse vir veevoer bied ‘n volhoubare oplossing met aansienlike voordele, veral gedurende die droë seisoen. Dr. Dagmar […]

Read More

VF-Plus gaan Onteieningswet uitdaag

Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan as lid van die regering van nasionale eenheid alles in sy vermoë doen om ʼn wysigingswetsontwerp te laat uitreik om die Onteieningswet se grondwetlikheid uit te daag. Die wet sit uiteen hoe staatsinstellings om verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, […]

Read More

Trump se massadeportering van migrante begin

Honderde migrante is in Amerika in hegtenis geneem en ander met militêre vliegtuie uit die land geneem nadat president Donald Trump se beloofde massadeportering begin het. Dit kom voor sy besoek aan Kalifornië en Noord-Carolina waar natuurrampe in politieke tameletjies ontaard het. In nog ʼn dol dag in die eerste week van sy presidentskap het […]

Read More

St Andrews bied 2027 Ope Kampioenskap aan

Gholf: Die St Andrews Old Course in Skotland bied in 2027 die 155ste Ope Kampioenskap vir ‘n nuwe rekord 31ste keer aan. Dit is volgens die tradisionele siklus van die Old Course. Die Ope is in 2022 laas op St Andrews gehou toe die Australiër, Cameron Smith, die 150ste uitgawe van die sport se oudste […]

Read More

Richelieu Eagles-groep vir Oman aangekondig

Die Namibiese krieketkeurders het ‘n 16-tal aangekondig om die Richelieu Eagles by die IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2-toernooi van 8 tot 16 Februarie in Oman te verteenwoordig. Hulle sal teen die gashere en die Verenigde State meeding. Gerhard Erasmus, wat 10de is op die IKR se T20 veelsydige ranglys, lei ‘n goed gebalanseerde groep van […]

Read More

Belangrike HPV-entstof op pad na openbare gesondheidsentrums

Die gesondheidministerie het begin met die verkrygingsproses vir die menslike papillomavirus-entstof, of HPV-entstof, om dit wyd bekend te stel as ‘n metode om servikale kanker te voorkom. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, sê hulle gaan tans deur die nodige regulatoriese en voldoeningsprosesse. Die entstof beskerm teen HPV, wat sekere soorte kankers kan veroorsaak. Kosmos […]

Read More

Namcor lê Chevron, Shell se Oranjekom-bedrywighede uit

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het beduidende opdaterings oor eksplorasie-, evaluerings- en ontwikkelingsaktiwiteite in die aflandige Oranjekom aangekondig. Hierdie streek het wêreldwye erkenning gekry as een van die mees belowende olie- en gasbekkens. Namcor doen uitgebreide geologiese, geofisiese en ingenieurstudies om ondergrondse begrip te verbeter en ingeligte besluitneming deur potensiële beleggers te ondersteun. Kosmos […]

Read More