
Regsmening ingewin oor SABC-raad - April 13, 2023
Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aan President Cyril Ramaphosa die verduideliking gegee wat hy in verband met die aanstelling van kandidate vir die SABC-raad versoek het. Die President het navraag gedoen oor die regstatus van die bykomende drie name op die lys benoemdes wat die Nasionale Vergadering verlede […]
Kokaïensmokkelaars wag op uitspraak oor appèl-aansoek - April 13, 2023
Die twee veroordeelde kokaïensmokkelaars Grant Noble en Dinath Azhar sal vandag uitspraak aanhoor oor hul aansoek om appèl aan te teken teen hulle skuldigbevinding op klagte van dwelmhandel. Die twee het die regter vir verlof gevra om die saak in die hooggeregshof te appelleer na hulle elk sewe jaar tronkstraf opgelê is. Die twee is […]
Cyril onderteken Wysigingswet op Billike Indiensneming - April 13, 2023
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming as wet bekragtig. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die wetgewing het ten doel om die transformasie van die land se werksmag te bevorder. Daar sal van ondernemings verwag word om transformasie-planne op te stel omdat dit diversiteit en billikheid in werkplekke bevorder. Magwenya sê die wet […]
Oekraïne ontken Rusland het 80% beheer oor Bakhmut - April 13, 2023
Oekraïne se weermag het bewerings deur Rusland verwerp dat hy nou in beheer is van meer as 80 persent van Bakhmut in die ooste van die land. Magte van Oekraïne is etlike maande al in Bakhmut ontplooi waar duisende soldate gesneuwel het in van die hewigste gevegte sedert Rusland se inval in die land. Die […]
Jong vrou ploeg terug in gemeenskap - April 13, 2023
Helena Shaanika, ‘n 23-jarige inwoner van ‘n gemarginaliseerde gemeenskap in die Onkaankaa-nedersetting in die Otamanzi-kiesafdeling in die Omusati-streek, ploeg terug in haar gemeenskap. As die eerste gegradueerde uit die gemeenskap, wat haar lewe daaraan wy om die lewensbestaan van kwesbare mense in haar gemeenskap te verbeter, is sy passievol en vasbeslote om hard te werk. […]
PDM: Onderwysprobleme word jaar na jaar nie opgelos - April 12, 2023
Die Popular Democratic Movement se skaduminister van finansies Nico Smit het vandag ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê oor die ondersoek en volledige oudit van die uitgawes van die 14,1 miljard Namibiese dollar wat vir die onderwysministerie toegeken is met ‘n omvattende oorsig van infrastruktuur en handboek-uitgawes. Die leier van die PDM McHenry […]
Nampol bekommerd oor stygende selfmoord-koers - April 12, 2023
Volgens die Namibiese polisie is meer selfmoord-voorvalle die afgelope Paasnaweek landwyd aangeteken in vergelyking met verlede jaar. Die jongste persoon wat hul eie lewe geneem het, was ‘n 21-jarige man, terwyl die oudste ‘n 84-jarige vrou was. Ses mense het die Paasnaweek hul eie lewe geneem, met nog twee selfmoord-voorvalle van onderskeidelik ‘n vrou in […]
Franse seevaarder het nog nie Karibiese Eilande bereik - April 12, 2023
Die Nasionale Seereddingsinstituut in Kaapstad het gevra dat seevaarders en reisigers op die Atlantiese Oseaan tussen die Afrika-kuslyn en die Karibiese Eilande, op die uitkyk moet wees vir ‘n Franse seevaarder. Die 56-jarige Emmanuel Dailer het tien dae gelede op ‘n solo-vaart op sy seiljag, Aquila Two, vanaf die Houtbaaise seiljagklub vertrek. Hy het nog […]
Sokker: Kwarteindstryde van Kampioene-liga vanaand - April 12, 2023
Sokker: Daar is vanaand nog aksie in die kwarteindstryde van die Kampioene-liga. AC Milan is gasheer vir Napoli in ʼn Italiaanse derby terwyl Real Madrid die Engelse klub, Chelsea, in Spanje verwelkom. Frank Lampard is vir ʼn tweede keer terug by Chelsea nadat hy tot die einde van die seisoen as tydelike bestuurder aangestel is. […]
Eskom: Beurkrag wissel tussen fases 5 en 6 - April 12, 2023
Eskom het beurtkrag na fase 6 opgeskuif. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê beurtkrag sal wissel tussen fases 5 en 6 tot verdere kennisgewing. Die verhoging is weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Mokoena sê ‘n opwekkings-eenheid by die Duvha-kragstasie moes uit diens gestel word vir herstelwerk.