
Spaanse atleet bly 500 dae in ‘n grot - April 14, 2023
‘n Spaanse atleet het 500 dae in ‘n grot buite Grenada, 70 meter ondergronds, deurgebring, sonder kontak met die buitewêreld. Dit was deel van ‘n eksperiment wat noukeurig gemonitor is deur wetenskaplikes wat meer wil leer oor die vermoëns van die menslike verstand en sirkadiese ritmes. Sirkadiese ritmes is fisiese, geestelike en gedragsveranderinge binne ‘n […]
Eskom: Beurtkrag wissel die naweek - April 14, 2023
Eskom het aangekondig fase 5-beurtkrag word van môreoggend vyf-uur ingestel tot vier-uur die middag, wanneer die land terugkeer na fase 6. Woordvoerder Menzi Mngomezulu sê die besluit om fase 5 in te stel, is te danke aan ‘n laer vraag na krag oor die naweek. Hy sê fase 4-beurtkrag sal Sondagoggend vyf-uur ingestel word tot […]
B2Gold-raadsvoorsitter reageer op sluiting van Otjikotomyn - April 14, 2023
Die voorsitter van die B2Gold-raad, dr. Leake Hangala sê dit is jammer dat die Otjikoto-myn moet sluit weens die lewensduur van die goudmyn, wat tussen Otjiwarongo en Otavi geleë is. Die afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Die afleggingsbeleid […]
DA: Eskom moet NUM se salaris-eise teenstaan - April 14, 2023
Die DA moedig Eskom aan om hom teen te sit teen die salaris-eise van die mynwerkersvakbond, NUM, wat ‘n verhoging van 15 persent en ander voordele eis. Die DA betoog die eise is ongrondwetlik en stel die belange van die vakbonde bo dié van die land tydens die elektrisiteitskrisis. Die party maan ook teen ‘n […]
Aardbewing van 6,6 tref Java-eiland - April 14, 2023
‘n Aardbewing met ‘n seismiese meting van 6,6, het die Indonesiese eiland Java getref. Die skudding is in Surabaya, Tuban, Denpasar en Samarang gevoel. Volgens die seismologiese sentrum, is die oorsprong van die aardbewing sowat 600 kilometer ondergrond. Daar is volgens die streek se Geofisika-agentskap, geen risiko van vloedgolwe nie.
Tennis: Nadal onttrek aan Barcelona Ope - April 14, 2023
Tennis: Die Koning van Klei, Rafael Nadal, se kanse om nog ‘n titel te buit op die Franse Ope vervaag met sy aankondiging dat hy ook onttrek aan volgende week se Barcelona Ope in sy vaderland. Die Spanjaard loop reeds dié week die Monte Carlo-meesterstoernooi mis, wat hy al elf keer gewen het. Die 14-malige […]
Koue en donker winter lê vir SA voor - April 14, 2023
Die Suid-Afrikaanse energieminister Kgosientsho Ramokgopa het gewaarsku dat die land se kragnetwerk onder hewige druk is. Met Eskom wat aangekondig het dat Fase 6 beurtkrag nou tot verdere kennisgewing in plek sal wees, lyk dit nou meer na ‘n werklikheid dat daar ‘n koue en donker winter vir Suid- Afrikaners voorlê. Kosmos 94.1 Nuus se […]
Diskriminerende wette teen vroue moet hersien word - April 14, 2023
Wette, beleide en kulturele praktyke wat teen vroue diskrimineer, moet hersien word. Dit is deur die uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, Martha Mbombo, gesê tydens ‘n werkswinkel oor strategiese beplanning van die vroue-parlementêre koukus wat in Windhoek gehou is. Die driedaagse werkswinkel is daarop gemik om vroulike parlementslede in staat te stel om […]
DA vies oor KZN se groot opskop - April 14, 2023
KwaZulu-Natal se departement van sport, kuns en kultuur loop onder kritiek van die DA deur nadat hy ‘n opskop aangebied het wat na bewering vier miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos het. Daar word beweer amptenare, personeel, hul families en gaste het alkohol-koeponne van tot 6 000 rand elk gekry. Die DA het ‘n geskrewe parlementêre vraag […]
Groen bamboeswoud in Kampala gekweek - April 14, 2023
Die voormalige Ugandese joernalis en nou bamboesboer, Ndawula Kalema, het ‘n projek aangepak om ‘n groen bamboeswoud te kweek om by te dra tot die ommekeer van omgewingskade in die hoofstad, Kampala. Die Internasionale Monetêre Fonds sê Uganda het meer as een miljoen hektaar se boom-bedekking verloor as gevolg van bevolkingsdruk en die onwettige afkap […]