
SA se werkloosheidsyfer bly styg - May 16, 2023
Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van vanjaar met 0,2 van ‘n persentasiepunt gestyg tot 32,9 persent. Omgeskakel na syfers is dit 179 000 meer werklose mense in die eerste kwartaal vergeleke met die vierde kwartaal van verlede jaar. Poste het hoofsaaklik in private huishoudings, handel, mynbou en die boubedryf verlore gegaan. […]
Duitse energie-verskaffers ondersoek - May 16, 2023
Duitsland se mededingings-reguleerder ondersoek verskeie energie-verskaffers vir moontlike misbruik van die energie-prysperk wat deur die regering ingestel is om inwoners en maatskappye teen skerp stygende pryse te beskerm. Die Duitse regering het verlede jaar ‘n noodlenigings-pakket van 200 miljard euro beskikbaar gestel om maatskappye en huishoudings van hulp te wees met die stygende koste van […]
Rugby: Munster vol vertroue vir VRK-eindstryd - May 16, 2023
Rugby: Munster sal vertroue put uit hul onlangse oorwinning oor die Stormers wanneer hulle volgende naweek terugkeer na die Kaapstad-stadion vir die eindstryd van die Verenigde Rugby-kampioenskap. Munster het die Stormers verlede maand sy eerste tuis-nederlaag sedert Desember 2021 toegedien. Sedertdien was daar geen keer aan hulle nie en hulle het Leinster verlede naweek 16-15 […]
Borgaansoek van Thabo Bester en minnares tot Junie uitgestel - May 16, 2023
Die borgtogaansoek van die veroordeelde moordenaar Thabo Bester en sy minnares, Nandipha Magudumana, is tot die 20 Junie uitgestel in die Bloemfonteinse landdroshof. Sy het virtueel vanuit die Kroonstad-gevangenis verskyn in verband met hulp aan Bester om ‘n jaar gelede uit die Mangaung-gevangenis te ontsnap. Magudumana se prokureur, Machini Motloung, sê sy het haar reg […]
Wasserfall-familie ontevrede oor uitspraak - May 16, 2023
Die familie van wyle Shannon Wasserfall het hul ontevredenheid met regter Christie Liebenberg oor die uitspraak van haar moordsaak uitgespreek. Die moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu is vanoggend onskuldig bevind op die klag van moord maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. Regter […]
SANW bevestig Leërhoof is in Moskou - May 16, 2023
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bevestig die hoof van die SA Leër, luitenant-generaal Lawrence Mbatha, is tans in die Russiese hoofstad, Moskou, vir ‘n vooraf beplande bilaterale vergadering. Die weermag sê die jarelange reëling bevestig die sterk militêre bande tussen die twee lande. Woordvoerder Andries Mahapa sê Mbatha sal invloedryke instellings soos die hoër gekombineerde Leër-akademie […]
Europa sluit WGO-kantoor in Russiese hoofstad - May 16, 2023
Die Europese kantoor van die Wêreldgesondheids-organisasie het besluit om ‘n spesifieke WGO-kantoor in die Russiese hoofstad Moskou te sluit. Die oorgang van die Voorkoming en Beheer van Nie-oordraagbare Siektes is na die streekkantoor in Denemarke verskuif. Oproepe vir die sluiting van die kantoor is aanvanklik in April verlede jaar deur lidlande aangevra ná die inval […]
Rugby: Kommer oor oppervlak van Kaapstad-stadion - May 16, 2023
Rugby: Daar is kommer oor die gehalte van die oppervlak van die Kaapstad-stadion vir volgende naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd tussen die Stormers en Munster. Die gras is oorspronklik aangeplant vir sokker en nie vir rugby nie, en verswak een van die tuisspan se grootste wapens, hul skrumwerk. Westelike Provinsie se twee komende Curriebeker-wedstryde is intussen […]
Kaapstad vaar uiters goed met jeug-werksgeleenthede - May 16, 2023
Die Wes-Kaapse Departement van Finansies en Ekonomiese Geleenthede het onlangs ‘n werwingsveldtog op die Athlone-stadion in Kaapstad gehou in samewerking met 12 werkgewers wat betrokke is by die uitkontraktering van sake-prosesse. Operateurs het onderhoude gevoer met werklose jongmense tussen 18 en 34 met matriek of ‘n gelykstaande kwalifikasie, om ‘n duisend van hulle in diens […]
Botswana in- en uitvoere sal reuse-hupstoot vir TransNamib wees - May 16, 2023
Die woordvoerder van TransNamib Abigail Raubenheimer sê die omgewingsimpak-studie vir die opknapping van die spoor-gedeelte wat hy nou by Sea Rail Botswana huur is reeds ingedien by die nodige owerhede. Daar word beraam dat die begin van die multimiljard-dollar Trans-Kalahari spoorwegprojek ‘n reuse-hupstoot aan die beleërde vervoermaatskappy sal gee omdat wanneer die lyn opgeknap is, […]