
Ontsnapte gevangene nog nie opgespoor - July 11, 2023
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig dat die gevangene Isak Alfeus wat ontsnap het, nog nie opgespoor is nie. Hy het Maandag uit die Windhoek Sentrale Hospitaal ontsnap toe hy vir ‘n sonar daarheen geneem is. Alfeus is in die Omaruru-landdroshof tot 38 jaar gevonnis vir drie aanklagte van verkragting en huisbraak met verswarende omstandighede […]
NSA: Verbruikersinflasie styg die meeste in Khomas in Junie - July 11, 2023
Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir Junie is die jaarlikse inflasiekoers vir Junie 5,3 persent vergeleke met 6 persent wat in Junie verlede jaar aangeteken is. Maand-tot-maand het die inflasiekoers op 0,1 persent gestaan vergeleke met 0,2 persent wat gedurende Mei gerapporteer is. Op die streeksvlak vir Junie het Sone 2, Khomas, die hoogste […]
Noa hou verwikkelinge dop in dr. Itah-sage - July 11, 2023
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, sê hulle sal die aantygings van AR-leier Job Amupanda teen dr. Itah Kandjii-Murangi, die minister van hoër onderwys, ondersoek sodra daar wesenlike bewyse is. Noa sê Amupanda wou nie ‘n verklaring aan die kommissie aflê nie en tans is daar geen dossier teen die minister nie. Amupanda beweer […]
Een slagoffer in ongeluk op B2 naby Arandis - July 11, 2023
Die Namibiese polisie het bevestig dat daar een persoon gesterf het in die kop-aan-kop-botsing wat vandag op die N2-pad naby Arandis plaasgevind het. Die oorledene was in die bakkie met ‘n sleepwaentjie wat teen ’n vragmotor met vraghouers gebots het. Intussen is brande in Mondesa en die DRC-informele nedersetting op Swakopmund ook aangemeld wat 12 […]
ANC hou streeksberaad in Gauteng - July 11, 2023
Die ANC in Gauteng hou vandag sy tweede Plaaslike Regerings-beraad in Boksburg, Ekurhuleni. Die beraad poog om belanghebbendes in plaaslike regering te betrek om oplossings te vind vir uitdagings waarmee munisipaliteite worstel. Van die fokuspunte sluit in, die verbetering van vermoë en die verbetering van bekwame administrasie. Die bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, Lance […]
NotInMyName help in koue weer - July 11, 2023
Die burgerlike beweging NotInMyName Internasionaal sê hy het inisiatief geneem om tydelike maar noodsaaklike verligting in die vorm van ‘n sopkombuis aan inwoners van Mamelodi in Tshwane te verskaf. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku koue toestande in Gauteng sal dié week voortduur en dele van die provinsie het gister selfs sneeu beleef. Die organisasie se woordvoerder, […]
Noodlottige ongeluk by Arandis tussen vragmotor en bakkie - July 11, 2023
‘n Noodlottige kop-aan-kop-ongeluk het op die B2-pad naby Arandis tussen ‘n vragmotor met vraghouers en ‘n enkelkajuit-bakkie met ‘n sleepwaentjie plaasgevind. Volgens die hoof-woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, was die ongeluk as gevolg van beperkte sigbaarheid wat veroorsaak word deur die huidige winderige weerstoestande regoor die land. Sy sê die aantal slagoffers […]
Hoër onderwysministerie betaal Itah se reisgeld terug aan Unam - July 11, 2023
Die Universiteit van Namibië het bevestig dat Unam in Julie verlede jaar 310 400 Namibiese dollar vir reiskoste aan die minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi, betaal het. Die ministerie het die volle bedrag teen einde November verlede jaar aan die universiteit terugbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, woordvoerder van die Universiteit, gesels, […]
Cyril sê goeie platform is vir ANc vir verkiesing geskep - July 11, 2023
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hulle het ‘n goeie platform vir die regerende party gevestig om aan volgende jaar se algemene verkiesing deel te neem en as oorwinnaars uit die stryd te tree. Hy het die afsluitingstoespraak gelewer tydens die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni. Ramaphosa sê die hersiening van die ANC-verkiesingsmanifes […]
Rugby: Etzebeth lei Bokke teen All Blacks - July 11, 2023
Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth is weer fiks ná ‘n skouerbesering en sal Saterdag in die tweede toets van die Kampioenskaps-beker teen Nieu-Seeland in Auckland as kaptein uitdraf. Die afrigter, Jacques Nienaber, het Lood de Jager as die ander slot aangewys, met Kwagga Smith, Franco Mostert en Jasper Wiese as die lostrio, Makazole Mapimpi en […]