SA-publiek moet sê oor parlement se opknappings
Die Suid-Afrikaanse parlement doen ‘n beroep op die publiek om insette te lewer oor hoe die herstelde omgewing moet lyk. ‘n Brand het in Januarie verlede jaar geweldige skade aan belangrike dele van die parlementsgebou aangerig. Die Nasionale Tesourie het 2 miljard Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om die gebou te herstel. Die parlement se sekretaris, Xolile George, sê die herstelwerk en herontwerp bied ‘n geleentheid om meer ruimte te skep, die gebied meer geïntegreerd te maak en dit meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede: