Mexiko weier dat VSA-vliegtuig met immigrante land
Mexiko het ’n versoek van president Donald Trump se administrasie geweier dat ’n Amerikaanse militêre vliegtuig wat migrante deporteer in die land land. Amerikaanse militêre vliegtuie het Vrydag twee soortgelyke vlugte, elk met sowat 80 migrante, na Guatemala uitgevoer. Trump se administrasie het vroeër aangekondig dat hulle die program bekend as “Remain in Mexico” herbegin. […]
Ontwikkelingsbank behaal 86% voldoeningsindeks-telling
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n 86 persent voldoeningsindeks of BB-gradering vir 2024 behaal, van die Vereniging van Afrika Ontwikkelingsfinansierings-instellings. Dit is hoër as die vorige resensie se 82 persent telling en onderstreep die bank se verbintenis tot bestuursuitnemendheid, finansiële stabiliteit en impakvolle ontwikkeling. Die gradering beklemtoon die bank as ‘n betroubare instelling wat aan […]
Lesotho se opposisieleier oorleef sluipmoordaanval
Die leier van Lesotho se amptelike opposisieparty, Machesetsa Mofomobe van die Basotho National Party, het ‘n sluipmoordaanval buite sy huis in Maseru oorleef. Volgens ‘n polisieverslag het die aanvallers die opposisieleier drie keer geskiet voor hulle op die vlug geslaan het. Mofomobe word behandel in ‘n hospitaal waarvan die naam nie vrygestel is nie. Niemand […]
New York-werkers kan dalk afkry om siek diere te versorg
Die stadsraad van New York gaan wetgewing oorweeg wat werkers sal toelaat om betaalde siekverlof te neem om siek troeteldiere en diensdiere te versorg. Die raadslid Shaun Abreu, wat die verordening ingedien het, sê die verandering kan die gesondheid verbeter van beide troeteldiere en hulle eienaars. Studies toon interaksie met diere verlaag vlakke van die […]
Kühn verbeter gewigstootrekord by Grand Prix in Swakop
Die Atletiek Namibië Grand Prix vind vandag by die Vineta-stadion in Swakopmund plaas, en die eerste Namibiese rekord het reeds gespat. Coenraad Kühn het ‘n nuwe nasionale gewigstoot vir mans-rekord van 18,09 meter opgestel. Die naelloopsensasie Beatrice Masilingi neem later aan die gretig-afgewagte 100 meter-wedloop deel. Luister na Coenraad na hy die rekord opgestel het.
Natuurlike hulpbronne moet reg bestuur word: Uutoni
Minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê Namibië se ryk natuurlike hulpbronne vereis doeltreffende bestuur, regulering en strategiese bevordering om hul volle potensiaal te bereik. Dit sluit in olie, groen waterstof en ander energiebates. Hy sê baie lande, veral in Afrika, het geleer dat swak toesig dikwels die verwagte ekonomiese voordele van sulke […]
Eskom vier mylpaal-dieselbesparings van R16,4-miljard
Eskom vier ‘n 62,4-persent dieselbesparing vergeleke met verlede jaar weens verbeterde opwekkingskapasiteit. Die mylpaal is bereik terwyl beurtkrag vir 303 dae opgeskort bly, wat neerkom op tien maande se ononderbroke kragvoorsiening. Die kragverskaffer sê hoewel beurtkrag opgeskort is, sukkel hy tans met netwerk-oorbelading in sekere gebiede weens onwettige verbindings, vandalisme, meterpeutering, ongeoorloofde netwerk-operasies, diefstal van […]
Microsoft gee digitale groei in Afrika ‘n hupstoot met KI-toer
Die president van Microsoft Africa, Lillian Barnard, het die 2025 Global Artificial Intelligence Tour aangekondig in Nigerië, Egipte, Kenia en Suid-Afrika. Die toer, wat gister van stapel gestuur is, het ten doel om Afrika se digitale transformasie te bevorder deur KI-innovering aan sakeleiers, inligtingstegnologie-beroepslui en ontwikkelaars ten toon te stel. Barnard sê Microsoft fokus op […]
Blitsbokke verloor teen Argentinië, pak Fidji in kwarteindstryd
Rugby: Die Suid-Afrikaanse mans-sewespan het in die tweede helfte in Perth teruggeveg teen Argentinië maar dit was nie genoeg om op te maak vir ‘n swak eerste helfte nie. Hulle het hulle laaste groepwedstryd teen die Suid-Amerikaners met 19-17 verloor. Suid-Afrika se driedrukkers was Quewin Nortje, Selwyn Davids en Shilton van Wyk, met Ronald Brown […]
Dâure Daman betogers beplan meer protesaksie
Die Dâure Daman Tradisionele Owerheid versoek al sedert verlede jaar ‘n vergadering met die president nadat ‘n nuwe hoofman, Sagarias Seibeb, aangestel is. Hulle het ook die ministeries van myne en stedelike ontwikkeling genader. Hulle wil hê die hoofman moet verwyder word, dat onwettige mynbou in die gebied gestaak word en dat hul voorvadergrafte beskerm […]