PDM se Katjimune vereis gratis tersiêre onderrig - June 22, 2023

Die Popular Democratic Movement se parlementslid Maximalliant Katjimune sê President Hage Geingob moet tersiêre onderwys vir studente ook gratis maak. Katjimune het uitgevaar teenoor die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds en geweier om sy studentelening te betaal. NSFAF het Katjimune, en sy mede-LP’s Inna Hengari en Patience Masua met aanmaningsbriewe bedien waarin geëis word dat hulle […]

Read More

Theo Borstlap se begrafnis môreoggend op Otji - June 22, 2023

Die roudiens van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap vind môreoggend om tienuur by die skouterrein in die Noordedorp plaas. Die begrafnis sal ná die diens by die Otjiwarongo-begraafplaas plaasvind. Borstlap het op 4 Mei ernstige brandwonde op sy plot opgedoen waarna hy na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Hy is op 6 […]

Read More

Moord op bekende pynappelplaas in Kenia ondersoek - June 22, 2023

‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat sekerheidsbeamptes van die Del Monte-pynappelplaas in Kenia beskuldig word van wreedaardige aanrandings en moord op mense wat verdink word van betreding op sy grond. Die ondersoek is deur The Guardian en die Buro van Ondersoekende Joernalistiek gedoen. Die plaas buite Thika is die enkele grootste uitvoerder van […]

Read More

Titan-loods se vrou ‘n afstammeling van Titanic-egpaar - June 22, 2023

Die vrou van een van die vyf mans in die vermiste mini-duikboot, Titan, is ‘n afstammeling van ‘n egpaar wat dood is toe die Titanic in 1912 gesink het. Die uitvoerende hoof van die duik-maatskappy OceanGate, Stockton Rush, is vermoedelik die loods van die Titan wat Sondag verdwyn het tydens ‘n duiktog na die wrak […]

Read More

DA: Reuse-agterstand in katarak-chirurgie - June 22, 2023

Dit is nie net in Namibië waar ‘n agterstand in katarak-operasies is nie. Die DA in Mpumalanga sê teen die huidige tempo sal dit die provinsiale departement van gesondheid meer as 40 jaar neem om die agterstand met katarak-operasies in die provinsie in te haal. In die jaarverslag vir 2021/2022 rapporteer die departement ʼn agterstand […]

Read More

Vrou van vervalle huis steeds nie geholpe - June 22, 2023

‘n Vrou van Walvisbaai wie se huis uitmekaar val, word steeds herwaarts en derwaarts tussen verskeie ministeries gestuur. Sy het foto’s verskaf wat reuse-krake en gebarste mure wys. Sy het die eiendom in 2016 deur die Build Together-projek by die Walvisbaaise munisipaliteit gekoop en sy is nie die enigste een wat die uitdagings beleef nie. […]

Read More

Zambiese polisiehoof loof Shikongo - June 22, 2023

Die 28ste algemene jaarvergadering van SAOG-streek se polisiehoofde se Interstaatlike Verdedigings- en Veiligheidskomitee is tans in Swakopmund aan die gang. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo en die huidige voorsitter het sy bewind oorhandig aan die Zambiese polisiehoof, inspekteur-generaal Graphael Musamba. Hy het tydens sy aanvaardingstoespraak Shikongo vir sy leierskap bedank.

Read More

Skoor bekommerd oor Eskom-bestuurskrisis - June 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor openbare rekeninge het kommer uitgespreek oor ‘n bestuurskrisis by Eskom. Die voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, beklemtoon die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan kwessies by individuele kragstasies om die nutsdiens se bedrywighede te herstel. Skoor het ‘n toesighoudende besoek aan Eskom gebring waar korrupsie en onderpresterende kragstasies verdere […]

Read More

Soektog na Titan duur voort ondanks uitgeputte suurstof - June 22, 2023

‘n Multi-nasionale soekspan wat die sogenaamde middernag-sone van die Noord-Atlantiese seebodem deurkruis op soek na die vermiste Titan-duikboot, sê hulle bly honderd persent gefokus op soek- en redding. Dit is ondanks die feit dat die beskikbare suurstof vir die vyf passasiers aan boord van die Titan so te sê uitgeput is. Die soekspan sê daar […]

Read More

Praatjie oor ietermagô in hoofstad aangebied - June 22, 2023

Die Ietermagô-bewaring- en Navorsing-stigting sal ‘n praatjie by die Namibiese Wetenskaplike vereniging op 28 Junie om sewe-uur die aand aanbied. Tobias Kambongi, ‘n navorser by die stigting sal die kennis en oortuigings van verskeie etniese groepe in Namibië oor die ietermago bespreek. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld en bewusmaking moet gedoen word […]

Read More